Melk en ander suiwelprodukte ook gou duurder

2016-04-21 06:00

SUID-AFRIKANERS gaan al hoe meer sukkel om kop bo water te hou met die impak van die droogte op kospryse en stygings in die prys van petrol en krag.

Huishoudings, veral onder lae- inkomstegroepe, bereik nou ’n “kritieke punt” waar die besnoeiing van uitgawes en toename in skuld ernstige gevolge inhou, sê die Pietermaritzburg Agency for Community Social Action (Pacsa).

Dié organisasie monitor kosinflasie in KwaZulu-Natal.

Onmiddellike ingryping oor kospryse is gevra, met lone en toelae wat moet styg terwyl ekonomiese groei op lang termyn móét plaasvind.

Verbruikers ervaar tans druk op soveel verskillende fronte dat hulle waarskynlik sal struikel indien stygings veel langer aanhou, sê Mike Schüssler, ekonomiese ontleder, aan Fin24.

Dit volg ná die styging in die petrolprys, die broodprys en verhoogde kragtariewe wat binnekort intree.

Intussen kan kosinflasie teen die einde van die jaar tot meer as 10% styg nadat dit in Februarie al 8,8% bereik het. Inflasie is in Februarie op 7% bereken.

Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB, sê dat verbruikers ’n skok in die prys van melk kan verwag wat alle suiwelprodukte kan raak. Volgens Makube betaal sommige suiwelprodusente boere reeds 60c meer per liter melk om die voorraad vir die winter te verseker.

“Die prys sal na verwagting in Mei verder styg en sal bedryfskoste van melkprodukte verhoog,” lui sy verkla-ring. “Kleinhandelaars sal geen keuse hê as om die prys van melk en suiwelprodukte te verhoog nie.”

Dit word toegeskryf aan die impak van die droogte op weiding, verhoogde voerkoste en hoër kragtariewe.

Volgens Pacsa se jongste verslag het die prys van ’n kosmandjie met 36 items wat huishou-dings met ’n lae in-komste in Pietermaritzburg maandeliks aankoop, met R236,54 of 14,5% ge-styg. Huishoudings het aangedui hulle kan nie die hele mandjie van stapelkos bekostig nie en koop dit dikwels op skuld.

“Inkomstevlakke verhoog nie saam met die reuse-stygings in die pryse van kos en ander goedere nie,” lui Pacsa se verslag.

Dit het armer huishoudings ge-noop om goedkoper kos te koop, dikwels van swakker gehalte met minder groente en vleis, sowel as om suiwelpro-dukte uit te skakel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.