Mens en medemens

2015-11-26 06:00

SO kuier ons enkele weke gelede tydens ’n 40-jaar reünie saam met '75 se matrieks doer vêr in ’n ander provinsie.

Ek hou nie van reünies nie - dis soos ’n nuwe lap op ’n ou kleed.

Maar hier het iets my siel gegryp. Ons val soos van ouds op die hoërskool se aantreeblad in. Netjies en stil - soos opgevoede mense. Ek is die enigste destydse matriekonderwyser teenwoordig. Ek lees die Bybel in Engels en bid in Afrikaans - en party van die 58-jariges vee trane af.

By ’n saal êrens in die stad val die jare weg. Hulle is weer agtien. Sê steeds vir my "Meneer". Die atmosfeer is soet. Soet.

Tydens die ete staan ’n verteenwoordiger van elke tafel op en vertel wat vier dekades aan hulle gedoen het. Patos kry ’n ander betekenis.

Die jeug dink om die skool te verlaat is he-mel - tot hulle in die vurige oond van die wêreld instap. Dan roep hulle uit: "Hier is ek met my standard 10!", en die wêreld antwoord: "Kom Boet, laat ek jou van tien tot by honderd leer tel".

Een vir een staan hulle. ’n Hoogs gegradu-eerde man (ons '75-hoofseun, rykmanskind, uitblinker) vertel van sy studies en sy huwe-lik met sy universiteitsnooi, een van '75 se matriekmeisies.

Toe hy skatryk geword het, los hy haar en stuur haar uit sy lewe uit. Hy sorg dat sy niks kry nie. Sy mooi Anita. Vir tien jaar lank swem sy en haar twee dogtertjies die stormsee alleen en bou weer aan hulle stukkende lewens, terwyl hy sy miljoene geniet.

’n Volle dekade later is hy bankrot - finan-sieel en psigies. Toe kom hy deemoedig terug na haar toe - gebreek en hartseer. En sy ontvang hom weer in haar lewe - Anita, vandag nog pragtiger as veertig jaar gelede. Ek dink ons sien die hemel duideliker deur ’n prisma van trane.

Hierna is dit Brian se beurt. Hy ly aan Parkinson-siekte. Uit sy stoel kyk hy na sy maats van vroeër, en toe hy begin praat, huil hy. Siekte is ’n wreedaard. Toe sy trane loop, ge-beur iets wat my nou nog aan die hart ruk: die matriekmanne staan gelyk uit hul sitplekke op en gaan vorm ’n beskermende kring om hom, soos in hul rugbydae. Toe hulle hul hande op hom laat rus, skep hy moed en sy gebroke sinne begin vloei soos toe hy agtien was.

Met fototyd vra Lientjie, die organiseerder, my om weer vir oulaas kamma haar hand met die liniaal te piets - hul destydse straf as hulle onder 70% vir hulle weeklikse Engelse toets kry!

Toe ons vroeër moet vertrek vir ’n vlug te-rug na PE, toe omhels van die groot manne my en die meisies hou my vas - weer agtien, maar sag gebrei deur die lewe. Vandag, veertig jaar later, kry hulle hul kans om Meneer ’n drukkie te gee.

Later, toe ek terugdink, skep ek weer moed vir die mensdom. Die lewe het hulle soms verniel, maar hulle het terugbaklei. Mooi, Jong Suid-Afrika. Ordentlike, opgevoede Suid- Afrika. En die lirieke van ’n studentelied waai na my toe uit die dae toe studente nog mekaar onder die akkerbome gesoen het: Golden days in the sunshine of a happy youth; golden days full of gaiety and full of truth. In our hearts we remember them all else above: Golden days, days of youth and love. How we laughed with the joy that only love can bring. Looking back through memory's eyes - we will know life has nothing sweeter than its springtime. Golden days when we're young . . . golden days."

Het óns nog medemenslikheid? Doen nóú soveel goed as wat jy kan; op soveel maniere wat jy kan; op soveel plekke as wat jy kan; aan soveel mense as wat jy kan; so dikwels as wat jy kan; so lank as jy kan.

Jy kry net een kans om deur die lewe te gaan.

Dis net eenmaal lente in jou lewe. Dan kom die somer; daarna herfs.

En uiteindelik volg ’n lang, koue winter.

Gryp die dag! Die lewe is ’n lied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.