Milkwood-mark vier volle jaar die naweek

2018-10-18 06:03
Die Milkwood-mark, die breinkind van Hannelie van Jaarsveld en Anri Wolmarans, wat verlede jaar by ’n braaivleisvuur ontstaan het, het sodanig momentum gekry dat ’n paar besielde entrepreneurs spoedig na ’n geskikte markruimte begin soek het. Dié mark vier Saterdag sy eerste bestaansjaar.                                   Foto:MONIQUE BASSON

Die Milkwood-mark, die breinkind van Hannelie van Jaarsveld en Anri Wolmarans, wat verlede jaar by ’n braaivleisvuur ontstaan het, het sodanig momentum gekry dat ’n paar besielde entrepreneurs spoedig na ’n geskikte markruimte begin soek het. Dié mark vier Saterdag sy eerste bestaansjaar. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE gewilde Milkwood-mark in Jeffreysbaai vier Saterdag sy eerste verjaardag met groot jolyt.

Dié familiemark, die breinkind van Anri Wolmarans en Hannelie van Jaarsveld, wat verlede jaar by ’n braaivleisvuur ontstaan het, het sodanig momentum gekry dat ’n paar besielde entrepreneurs spoe-dig na ’n geskikte markruimte begin soek het.

’n Plaaslike inwoner, Dries du Preez, het ’n deel van sy grond be-skikbaar gestel, en die keuse het geval op ’n geskikte perseel met ’n dam en melkhoutbome - vandaar die naam Milkwood-mark.

Toe al die aanvanklike reusewerk, soos grond voorberei, tafels en stoele vervaardig, advertensie-borde ontwerp, stalletjies optower en voornemende uitstallers nadertrek, uiteindelik klaar was, is die eerste markdag op 28 Oktober verlede jaar met 35 stalletjies geopen.

’n Jaar later kan markgangers die produkte van nagenoeg 60 uitstal-lers koop.

Verjaardagvieringe

’n Spesiale vertoning deur die plaaslike polisie se honde-eenheid vind om 10:00 ter viering van die mark se verjaardag plaas.

Polisievoertuie en -toerusting kan besigtig word. Plaaslike kunstenaars tree ook op.

Verken die mark die Saterdag saam met vriende en familie, geniet die vermaak en alles wat die verskaffers bied, en sluit die dag af met topgehalte koffie en heerlike lekkernye.

Óf geniet ’n onvergeetlike piek- niek by die dam.

Waarna kan jy uitsien?

Dié mark het bykans elke Saterdag nuwe uitstallers wat met die hand uitgesoek word om saam met ou gunstelinge hul ware aan die pu- bliek te kom tentoonstel.

Daar is verskeie uitstallers met onder meer dekor, handgemaakte produkte en geskenke wat alles wissel tussen moderne, antieke, orga-niese en groen goedere.

Besoekers kan uitsien na eetgoed en koffie van verskillende verskaffers, fynproewer-kaas, roomys, juweliersware, feëtjies, plaaseiers, klere en leerhandsakke.

Daar is ook kinderspeelgoed, ge-reedskap, lekkernye, warm skyfies, vars groente, tuisgebakte brood, melkskommels, roosterkoek, fudge, handgemaakte pasta en kruie.

Moeg geloop? Ontspan by een van die vele tafels en geniet ’n heerlike ontbyt, terwyl musiek in die agtergrond speel.

Neem gerus die kinders saam. Daar is ’n veilige speelarea met toesig en hope pret vir die kleinspan: trapkarre, springkasteel, perde, verfbal en “bungy bouncer”.

Die markperseel is beskikbaar vir partytjies, fondsinsamelingsprojekte, potjiekoskompetisies en vele meer.

Meer inligting

“Ons innige dank gaan aan al ons stalletjiehouers en lojale ondersteuners - veral die wat die pad van die begin saam ons gestap het,” sê Wolmarans.

Die Milkwood-mark, geleë langs Fountains Mall op die grondpad na die Global Leadership Academy, vind elke Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00 plaas.

Toegang is gratis. Vir meer inligting, skakel Wolmarans by 082 966 8203 of Van Jaarsveld by 082 788 2880.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.