Motor in parkeerarea ontsier

2016-04-14 06:00
’n Vrou van Astonbaai is verlede Vrydag ontnugter toe sy na haar inkopies by haar motor terugkom en gevind het haar motor se een agterlig is beskadig.   Foto: JANNIE HOUGH

’n Vrou van Astonbaai is verlede Vrydag ontnugter toe sy na haar inkopies by haar motor terugkom en gevind het haar motor se een agterlig is beskadig. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Vrou van Astonbaai is verlede Vrydag erg ontnugter toe sy, na ’n besoek aan Fountains Mall in Jeffreysbaai, by haar motor terugkom en gevind het dat haar motor se een agterlig beskadig is.

Sy en ’n vriendin het die môre ongeveer 09:00 daar aangekom en teen 12:15 na haar geparkeerde motor teruggeloop. Naby die motor het ’n vroulike karwag haar vertel dat haar motorlig deur ’n ongeïdentifiseerde persoon beskadig is.

Dit wil voorkom asof ’n jong manlike karwag, in die twee kopers se afwesigheid, met ’n ander man in gesprek was en homself uitgelaat het teen sekere elemente wat daar parkeer. Hierop het ’n Somaliër (aldus die vrou) na hulle gestap en gevra dat die jong wag moet herhaal wat hy pas gesê het. Daar het toe glo ’n skermutseling ontstaan en die motorwag het probeer vlug. Die “Somaliër” het daarna in sy motor gespring en weggery. Sy motor is later in die dag weer daar opgemerk.

In die proses is die agterlig van die Astonbaaier se motor stukkend geslaan.

Die saak is by die koopsentrum se bestuur en die plaaslike polisie gerapporteer.

Jeannette du Doit, Fountains Mall algemene bestuurder, sê:

“Die voorval is by sekuriteit aangemeld en ons is besig om die beweerde insident te ondersoek. ‘n Vergadering is met die sameroe-per van die karwagte belê.

“Ons wil uit die aard van die saak insidente soos hierdie ten alle koste vermy en sodra daar meer duidelikheid is oor wat gebeur het, sal ons terugvoer gee aan die kliënt.”

’n Jongman van die dorp sê motors se agterligte word dikwels beskadig, veral in die middedorp, omdat tikgebruikers die klein gloei-lampies nommerpas vind vir gebruik by hul dwelmgewoonte.

Dit was skynbaar nie hier die motief nie, omdat die lampies behoue gebly en die onderonsie glo weens aggressie ontstaan het.

Hoewel sentrums hulself van enige skade aan motorvoertuie distansieer, is hierdie voorval tóg ’n wekroep dat daar oral strenger opgetree behoort te word rondom die be-skerming van geparkeerde voertuie, en dat motoreienaars sovêr moontlik hul motors moet beveilig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.