Motorfiets-bloed, spoed vloei in sy are

2016-06-16 06:00
Die afgelope 52 jaar was Ralph Reading (68) nog nooit sonder ’n motorfiets nie en die laaste drie dekades is dit die oop pad wat sy hart warm laat klop.             Foto: MONIQUE BASSON

Die afgelope 52 jaar was Ralph Reading (68) nog nooit sonder ’n motorfiets nie en die laaste drie dekades is dit die oop pad wat sy hart warm laat klop. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is ’n gesegde wat lui: “Alles in Afrika byt, maar die motorfiets-gogga is die ergste van almal.”

Iewers op die lyf van Ralph Reading sal jy so ’n bytmerk kry, want dié 68-jarige pensionaris se hunkering na motorfiets-saamtrekke is nou eenmaal te groot. Hy spog met meer as 600 sulke byeenkomste op sy kerfstok en sy baadjies hang swaar van die balkies.

Dié Jeffreysbaaier se lewe is verweef met motorfietse. En ja, spoed is in sy bloed. Die afgelope 52 jaar was hy nog nooit sonder ’n motorfiets nie, en die laaste drie dekades is dit die oop pad wat sy hart warm laat klop.

Reading het sy eerste ysterperd, ’n Garelli 50cc, op 16 deur die strate van sy tuisdorp, Welkom, laat brul. Hier het sy sluimerende passie vlerke gekry. Vandag ry hy ’n Kawasaki 400cc - die enigste van sewe motorfietse wat hy oorgehou het.

Wat is dit van motorfietse wat hom so be-koor?

“Op die motorfiets kan die selfoon jou nie pla nie. In die draaie van ’n pas sit die dokter se rekening nie in jou kop nie. Dit is net mens en masjien, rubber op die teer, loutere genot,” sê Reading.

“Op die rug van jou ysterperd met die pad wat oop voor jou lê, skakel die worry deel van jou brein af. Dit gaan oor oorlewing - absolute ekstase.

“Jy is weer volkome mens. Een met die natuur - die wind, die son, die reën. Jy oorleef haastige drywers in 4x4’s en insekte wat jou helmklep inkleur.”

Volgens Reading het hy in 1982 sy eerste motorfiets-saamtrek bygewoon - en het hy tot vandag nog die T-hemp. Sedertdien het hy Suid-Afrka platgery van die een na die ander byeenkoms. “Ek pak slegs die minimum vir sulke byeenkomste: net genoeg hemde, onderklere en toiletware, nie eers ’n tent nie.

“As daar ’n byeenkoms is, moet ek gaan. My hande en voete begin te jeuk . . .”

Reading sê spoed bly maar ’n tameletjie. “Wanneer ek saam met ander motorfietliefhebbers ry, oorskry ons nooit 140km/h nie. Maar wanneer ek alleen is, is dit ’n perd van ’n ander kleur.” Presies hoe vinnig hy dan ry, bly ’n geheim. “Netnou sien die verkeersbeamptes my naam in die koerant en hoe vinnig ek ry, en lê my voor,” sê hy laggend.

Die vinnigste wat hy al ooit gery het was 307km/h. “Ek raak nou oud, ek sal seker stadiger moet ry.”

Op die vraag hoeveel boetes hy al gekry het, het hy laggend vir ’n sakrekenaar gevra. “Ek het lankal ophou tel. Wanneer ek op my motorfiets klim, wonder ek altyd hoeveel ‘liefdesbriewe’ ek dié keer van die Verkeersdepartement gaan kry.”

Reading het nog nooit ’n ongeluk met sy motorfiets gehad nie. Hy het wel al ’n lelike ongeluk met ’n vierwielmotorfiets gehad.

Sal hy ooit sy valhelm vir goed ophang? “Ek sal seker nog so vir 20 jaar ry.

“’n Motorfiets is in jou bloed. ’n Mens lewe net een keer. Elke mens het daar-die een ding nodig wat ons herinner - ons kom net een maal hierlangs verby. Hoekom nie maar op die agterwiel nie?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.