MTN en die R14 000-rekening

2016-06-30 06:00

DIT lyk asof die selfoon-reus, MTN, nie onlangs slegs in Afrika ‘n lelike boete-bloutjie geloop het nie, maar ook twee inwoners van Astonbaai warm onder die kraag het.

Volgens Tiny Coetser van Dolphinrylaan het hulle vir ses jaar by Altech Autopay ‘n R119 per maand 2gig-kontrak gehad. Wanneer hulle internettyd verstryk het, het hulle nie verdere toegang vir die maand gehad nie.

Toe word Altech ontbind, en neem MTN hul eie klante oor. Binne drie maande staan hul rekening op R14 000. Hul dogter in Pretoria het die saak met MTN opgeneem, maar volgens dié het ene “Bibby” sommer in een sessie die rekening die hoogte laat inskiet. Hul dogter het dié naam op gespesifiseerde state gesien. Die Coetser-gesin het geen state ontvang nie, maar omdat Coetser gereeld hul stand van sake kontroleer, het sy by die inbelsentrum verneem dat hulle R7 395 skuldig is.

Tussen 5 en 17 Junie het die bedrag met nog ongeveer R7000 gegroei. Toe Coetser die maatskappy op 22 Junie kontak, het hulle gesê sy het nog 188gig vir die maand oor.

Die Coetsers is pensioenarisse en verdien nie naastenby soveel geld nie. Juis omdat hulle so min tyd per maand tot hul beskikking het, kontroleer sy gereeld hoeveel internet-toegang hulle elke maand oor het.

Die gesin is onsteld en wil graag weet of daar ander inwoners van die dorp is wat met soortgelyke probleme sit. Hulle waarsku die publiek om dadelik werk te maak van hul persoonlike stand van sake by MTN en om hul rekening gereeld na te gaan.

Navrae kan gerig word aan 042 292 0652.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.