Munisipale wetsoortreders laat wenkbroue lig

2018-09-20 06:01
Die bakkie met ’n munisipale logo op het nie minder nie as tien passasiers agterop vervoer sonder dat daar enige tralies of ander beveiliging om die agterste bakwerk is.         Foto:VERSKAF

Die bakkie met ’n munisipale logo op het nie minder nie as tien passasiers agterop vervoer sonder dat daar enige tralies of ander beveiliging om die agterste bakwerk is. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IS dit ’n hersenskim, ’n vreemde vlieënde voorwerp, ’n vroeë 1 April-grap?

Driekeer verkeerd geraai.

Dit is ’n bakkie met ’n munisipale logo op wat nie minder nie as tien passasiers agterop vervoer sonder dat daar enige tralies of ander beveiliging om die agterste bakwerk is. Dan is daar nog passasiers in die kajuit ook.

’n Sakeman van Jeffreysbaai, Hennie Visser, het die afgelope Maandag ’n foto van dié ongeluk-wat-wag-om-te-gebeur geneem net nadat die bakkie met sy allemintige vrag om die sirkel by Equinox-inkopiesentrum beweeg het. Vir sy moeite het een van die agterryers sy duim gelig.

Dit wil voorkom asof die werkers êrens in die Dorp van Drome besig was om skoon te maak of iets te herstel. Skynbaar is daar ook ’n vrou tussen die mans. Dit lyk na ’n gewigtige sending, want die bakkie met die nommerplaat CXP 548 EC se agterstewe het ge-vaarlik na die teerpad afgehang.

Visser vertel dat hy ongeveer twee jaar gelede deur ’n verkeersman van die pad getrek is toe hy iemand te hulp gekom het deur ’n kas agterop ’n bakkie te vervoer. Twee mans het die kas vasgehou, en die bestuurder is met R1 000 beboet omdat die bakkie nie tralies agterop gehad het nie.

Hy reken as dieselfde wet nog geld, die munisipaliteit of bestuurder ná Maandag se gebeure dalk nie minder nie as R5 000 boete sou moes betaal as daar ’n verkeersman op die toneel was.

Dié foto is aan die burgemeester gestuur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.