’n Droom bewaarheid . . .

2016-09-29 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PADLANGS wat vanjaar 10 jaar oud is, het ’n nuwe blaadjie omgeslaan, én ’n nuwe paadjie ingeslaan.

Padlangs se nuwe deure het op 2 September 2016 by hul nuwe perseel geopen - skaars 500m vanaf die ou gebou.

“Ek het vir jare oor die laaste dag by die ou gebou gewonder . . . hoe dit sal voel . . . hoe ék sal voel. Ek is dankbaar vir ’n dekade met sy mooi en sy hartseer wat ons in die ou gebou beleef het,” sê Padlangs-eienaar Heidi Muller.

“Ek het die ou deure die laaste keer agter my toegemaak . . . en dit was okay. Ek sien uit om ’n nuwe hoofstuk in ’n skoon boek te skryf. Om letterlik ’n nuwe paadjie te stap . . . sommer net Padlangs.”

Waarom die trek?

Die ou gebou waaruit Padlangs vir byna 10 jaar besigheid bedryf het, is moeg.

“Ek sien die gebou as ’n statige ou dame wat nou gereed is om af te tree, en ons gun haar die rus,” sê Heidi. “Met die ouderdom het die kwale begin – en dit was finansieel net nie haalbaar om die ou dame te onderhou nie. Die hoofpad-verkeer wat minder as 6m van die hoofingang van die gebou is, was toenemend ’n risiko.

Dit was ’n uitgemaakte saak: of Padlangs sluit sy deure of ons kry ’n nuwe perseel.”

Volgens Heidi is die nuwe perseel ’n gebedsverhoring. “Ek sien die Here se hand in elke tree van hierdie pad. Die ondersteuning van klante kry is ’n bevestiging hiervan.”

’n Opwindende tyd

Heidi vertel die lekkerste van die voorafbeplanning en trek was die mense in haar span.

Ek het seker die beste man waarvoor ’n vrou kan vra. Jaco is hart en siel deel van Padlangs en my bors swel as ek sien hoe trots hy op alles is. My kinders raak so tussen alles deur groot en dit maak my hart bly om te sien dat hulle dit geniet om by Padlangs te wees,” sê sy.

“Arthur Joubert was ons kontrakteur en ek sal enigiets onder die son aanpak solank hy en sy span dit bou. Ek het die dierbaarste vriendinne en familie wat raad gegee het, kos aangedra het, help trek, uitpak en verf het. My personeel is die ruggraat van Padlangs en sonder hulle was niks hiervan moontlik nie. Letterlik elke komponent - vanaf die elektrisiteit tot die advertensieborde – elke diensverskaffer waarmee ons gewerk het was tops en het kwaliteitdiens gelewer.”

Die nuwe Padlangs

Die nuwe Padlangs is oop en ruim en bied ’n asemrowende uitsig oor die vallei en omliggende berge.

Gaste kan heerlike kos op ’n ruim stoep geniet. Padlangs bied nou ’n lieflike speelplek vir kinders - byna so groot soos ’n rugbyveld. Swaaie, ’n sandpit, pophuis, wipplank en ander klou-apperate word deur ’n fietspaadjie omring. Padlangs voorsien skopfietse vir die kleintjies en vir ouer kinders. Die motorpaadjie vir miniatuur motors en trekkers is ’n reuse trekpleister om nie van hul waterplonsblad (spashpad) te praat nie. Ouers kan by-voorbaat ’n swembroek en sonblok inpak, want oud en jonk kan hier baljaar. Selfs ’n baba wat pas begin sit het, is veilig in die water.

Vir kouer dae het hulle ’n binne-speelarea met houtspeelgoed toegerus.

Elke hoekie by die nuwe Padlangs is iets besonders. Die winkel spog steeds met die lekkerste tuisgebak en konfyte, asook unieke geskenke.

Die tikkie nostalgie waarvoor Padlangs bekend is, is orals te sien.

“Padlangs is wyd en syd bekend vir sy heerlike kos en niks het verander nie – inteendeel ons het die heerlikste kombuis waarin ons met groter liefde kosmaak,” sê Heidi.

“Die nuwe Padlangs het ’n pragtige tuin wat ons van die vorige eienaar, tannie Doreen Vlok, geërf het. Met die hulp van Joanie de Vos het ons spogtuin voëltjies (en feëtjies). Die tafels onder die bome is my gunsteling. Ons het ’n binnehof met ‘n kaggel/buitebraai en ’n sitstel wat ideaal vir ’n klein verjaarsdagfunksie of vergadering is.”

Die restaurant binne het ’n kaggel en kan 45 persone akkommodeer, waar die buite-area tot 90 mense kan akkommodeer.

Oud en jonk kan lekker met die reuse skaakstel in die tuin speel. Daar word spesiaal vir fietsryers voorsiening gemaak. Motorfietse en fietse het hul eie spesiale parkering.

Bespreek liefs jou tafel, veral op ’n Sondag, want dan is hulle stampvol.

Geniet die rustigheid en gasvryheid van die Gamtoosvallei . . . sommer so Padlangs.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.