’n Vars briese vir afgetredenes

2018-03-08 06:00

BAIE slimmighede word oor afgetredenes kwytgeraak – veral deur hulle wat nog nie deel is van dié uitgelese landsburgers nie. Iemand sê byvoorbeeld: “Die beste tyd om aan aftrede te dink, is voordat jou baas dit doen.” Dit word weerspreek deur George Burns: “Om op 65 af te tree, is belaglik. Toe ek 65 was, het ek nog puisies gehad!”

Wat ook al jou ervaring – SAARP bied plaaslik vir alle afgetredenes ’n vrolike nis, omdat hulle glo aftrede behoort op die oppervlakte van die band gebaseer te word en nie op die kilo’s nie.

SAARP (Engelse akroniem vir Suid-Afrikaanse Raad vir Pensioenarisse) is in Mei 2005 gestig onder leiding van Louis Opperman. Hul hoofkantoor is in Kaapstad en daar is klubs dwarsoor die land. As jy ná jou aftrede nie te vreeslik besig is nie, kan jy hom kontak by die nommers wat verskaf word. Die Raad is as NPO geregistreer en bied verskeie voordele aan lede, soos goedkoper motorversekering, vakansie-verblyf en voortgesette sosialisering.

In Jeffreysbaai en omgewing word aandag gegee aan die sosiale interaksie. Daar word bv. elke maand teen ’n minimale fooi twee uitstappies gereël vir dié wat lekker wil kuier en die alledaagse wil ontvlug. Daar is elke derde Vrydag om 10:00 ’n opgewekte vergadering by die Bootklub, waartydens ’n gasspreker oor ’n interessante onderwerp gesels en lede ingelig word oor die komende maande se aktiwiteite. Toebroodjies en tee of koffie word in ’n ontspanne atmosfeer voor die vergaderings geniet. ’n Hoogtepunt is die trekking van lede se name wat dan koopbewyse ontvang. Hierdie bewyse word deur verskeie besighede geskenk.

’n Jaarlikse ledegeld van R50 is betaalbaar, wat lede eintlik terugkry in die vorm van hul jaarlikse Kersete. Dié geleentheid is die afgelope drie jaar by die Links Gholf-landgoed in St Francisbaai aangebied. Die lede is vol lof vir die aangename wyse waarop hulle daar ontvang en getrakteer word.

Afgetredenes wat wil gesels en stories uitruil, word genooi om by die klub aan te sluit. Louis Opperman kan gekontak word by 042 296 0193 of 083 626 1197.

Mense sê sommige word op 65 gebore en is altyd gereed om af te tree. Afgetredenes, bewys hulle gerus verkeerd deur 21 te bly tot jy 90 is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.