Naaldwerk, brei Aileen se passie

2017-04-13 06:00

DIT is veel meer as net ’n wolhaarstorie.

Met ’n breinaald in die hand en haar voet op die pedaal van haar geliefde naaimasjien, is Aileen Olivier (74) op haar gelukkigste.

Al kan sy nie meer die naald se fyne oog raaksien of so vinnig soos dekades terug werk nie. En al gee haar rug so nou en dan pro-bleme, skort daar met haar hande en deeglikheid niks nie. So verseker Aileen van Meisie’s Fabrics in Humansdorp. Haar noukeurigheid oor die afgelope 51 jaar, getuig hiervan en spreek boekdele oor haar werk.

Dit is dan hoe sy haar brood en botter ver- dien - al is die botter soms dun gesmeer. “Dit hang als af van hoe hard ek werk.”

Naald- en breiwerk is egter nie vir Aileen - of ‘ouma’ soos almal haar noem - werk nie. Dit is al sedert ’n jong ouderdom haar passie.

Sy het reeds op laer- en hoërskool in naaldwerk uitgeblink en sedert sy en haar man, Ivan, in 1966 hul eerste kruiewinkel in Humansdorp oopgemaak het, het haar stokperd-jie vinnig in ’n voltydse werk ontwikkel. Dié winkel moes spoedig plek vir wol maak.

Aileen en Ivan het vir jare so saamgewerk - hy die kruiekenner en sy die kenner van wol en materiaal.

Twee jaar na haar man se dood in 2002, het Aileen Meisie’s Fabric geopen. Hier doen sy iets van alles: brei, togas, herstelwerk en die maak van klere en kussings.

Mense kom van so ver as Tsitsikamma en Patensie om haar te ondersteun.

Herstelwerk is tans haar grootste bron van inkomste.

“Ek is glad nie kieskeurig oor met wie se klere ek werk nie. As dit te vuil is, sê ek hulle moet dit eers gaan was. En hulle doen dit sonder om te kla of aanstoot te neem,” sê sy.

Aileen sug: “Ek word nie jonger nie . . . behalwe vir die hande wat stadiger werk, sukkel ek om die garing deur die naaldoog te ryg, maar dit los ek aan die Here oor.

“Ek hou die garing so na as moontlik aan die naald, en dan bid ek vir die Here om sy ‘werk’ te doen. En siedaar, daar gaan die ga-ring deur die oog. Dit werk elke keer.”

Aileen sê sy geniet elke oomblik van haar werk.

“Daar was nog nie ’n dag wat ek nie van my werk gehou het nie,” sê sy. “Naweke by die huis is vir my te lank. Ek wil agter my toonbank wees en mense bedien of ’n koppie koffie saam met hulle geniet. Ek het soveel vriende en aanneemkinders.”

Aileen het in meer as vyf dekades nog nie een keer met vakansie gegaan nie - miskien ’n langnaweek hier en daar, maar dit is al.

Nie eers ’n voetoperasie kon haar in 2004 uit die werk hou nie. Sy het met rolstoel en al gaan werk.

Sy gaan wel die einde vandeesmaand vir ses maande vir haar seun gaan kuier. Die winkel sal gedurende die tydperk toe wees.

Sy is die ma van drie seuns en die ouma van vyf kleinkinders.

Dink sy daaraan om die breinaald en naaimasjien neer te lê? “Beslis nie. Hulle sal my voete eerste hier moet uitdra.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.