Neefs bly wakker vir uitslae

2019-01-10 06:00
Raylin en Lathym Bosman het Woensdagnag wakker gebly om vroegoggend in Die Burger te kyk of hulle matriek geslaag het.                                    Foto:VERSKAF

Raylin en Lathym Bosman het Woensdagnag wakker gebly om vroegoggend in Die Burger te kyk of hulle matriek geslaag het. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE Raylin en Lathym Bosman Donderoggend 01:30 Die Burger koop, het die senuwees behoorlik geknaag.

Die twee neefs (18) het gou uitgevind hulle het matriek geslaag.

Lathym is ’n voormalige leerling aan die Humansdorp Sekondêre Skool en Raylin het aan die Hoërskool Nico Malan skoolgegaan.

Lathym sê hulle het besluit om Woensdag-nag wakker te bly sodat hulle die koerant Donderdagoggend vroeg kon gaan koop. Die twee het hulle sommer in die winkel neergeplak en deur die koerant geblaai.

“Ek het heel eerste my skool gesoek. Raylin moes maar wag totdat ek Nico Malan se uitslae opgespoor het.

“My hart het vinnig begin klop toe ek deur al die eksamennommers na myne soek. Ek kan nou nog nie die gevoel beskryf toe ek my nommer daar sien nie. Ek was verskriklik bly, want ek het alles ingesit vir die eksamen.”

Raylin sê hy was net so verlig toe hy sien hy het geslaag.

Die neefs het in die eksamen so hard studeer dat hulle g’n kontak met mekaar gehad het nie, al woon hulle in dieselfde straat.

Lathym beplan om onderwys te gaan studeer en Raylin het die regte gekies.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.