NG Kerk hou plaasfees

2019-02-07 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KUNSTENAARS . . . stalletjies . . . pretdraf . . . kos . . . en plaasimplemente.

Alles op een dag. Met een rede: om fees te vier.

Die NG Kerk Moedergemeente Humansdorp hou op 9 Februarie ’n groot plaasfees by The Burns naby Lombardini ter viering van hul 170ste bestaansjaar - die begin van ’n jaar se feesvieringe.

Die plaasfees skop om 08:00 met ’n 5km Farm Run vir die hele gesin af. Inskrywings is om 07:00 by die fees en die inskrywingsgeld is deel van die toegangsfooi.

Vir meer inligting, skakel Dewald van Staden by 071 295 3044.

Die fees word amptelik om 09:45 deur Ds Kobus Stapelberg geopen. Hierna sing die Stulting Skoolkoor en word duiwe vrygelaat.

Die jongklomp kan na ’n kindervertoning om 10:30 uitsien, terwyl Frikkie Mulder die gehoor om 11:30 sal vermaak.

Feesgangers kan luister na plaaslike kunstenaars Elandri en Mallie, asook Jakoos, Herman, Appel en Jo Black.

Die fees eindig op ’n prettige noot om 20:00 met Local is Lekker deur Charl.

Benewens musiekvermaak, is daar verskeie mark- en kosstalletjies, asook ekspo-stalletjies.

Daar is verder bier-, wyn- en gin-proe stal-letjies.

Aktiwiteite vir die jongspan sluit in springkastele, trapkarre, ponieritte, meganiese bul, verfbal, gesigverf, water-gly, ‘bungy bounce’ en sandkuns.

Meer inligting

  • Kaartjies, aanlyn beskikbaar by Quicket, kos R70 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse en laerskool-leerders.
  • Vir navrae, skakel Paula by 082 657 4559 of Geraldine by 082 321 4763.
  • Stuur ’n epos na geraldine@jo-rie.co.za.
  • Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad, Humans-dorp Plaasfees.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.