Noorsekloofweg kry spoedwalle

2018-09-06 06:01
Kouga Burgemeester Horatio Hendricks die potensiële doodsdraai in Noorsekloofweg na ‘n jaar se gesloer Vrydag die hoof gebied en spoedwalle belowe om die jaery te stop. By Hendricks is Wayne en Michelle Klerck, en Wyk 8-raadslid Ludwig Vorster.       Foto:MONIQUE BASSON

Kouga Burgemeester Horatio Hendricks die potensiële doodsdraai in Noorsekloofweg na ‘n jaar se gesloer Vrydag die hoof gebied en spoedwalle belowe om die jaery te stop. By Hendricks is Wayne en Michelle Klerck, en Wyk 8-raadslid Ludwig Vorster. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOUGA se burgemeester het die potensiële doodsdraai in Noorsekloofweg na ‘n jaar se gesloer Vrydag die hoof gebied en spoedwalle belowe om die jaery te stop.

Dit volg nadat die hoekhuis van die Klerck-gesin die vorige naweek ‘n vierde ongeluk sedert 2016 moes trotseer.

Die pad kry binnekort twee spoedwalle om spoedvrate, onverskillige bestuurders en dronkdrywers te laat remme aanslaan voordat soortgelyke voorvalle ‘n lewe eis.

‘n Witlyn is reeds aangebring, en “katoë” volg om die effe draai aan die bokant van die pad aan te dui.

Die Kouga Express het verlede week berig hoe Michelle en Wayne Klerck op die hoek van Noorsekloof- en Seetuinweg al finansiëel en emosioneel deurgeloop het, sedert die vierde voertuig in hul erf ingeploeg het. Die grensmuur en hek het in die slag gebly. ‘n Vorige keer is die motorhuis erg beskadig. Slegs ‘n week later moes Michelle om 00:45 op sosiale media die jaagduiwels weer aanpraat.

Die vorige jaar het die Klercks aansoek om spoedwalle in Noorsekloofweg by die Kouga Munisipaliteit gedoen. Dit is weens ‘n tekort aan befondsing en ‘ongegronde’ regulasies gekortwiek.

Dreunstawe is wel aangebring, maar dit het geen invloed gehad nie. Die egpaar het self weerkaatsstroke en waarskuwingsligte aangebring om motoriste te waarsku. Maar helaas . . .

Die nuutste ongeluk het die Klercks genoop om ‘n petisie op te stel wat wyd ondersteun is.

Vrydag het Kouga-burgemeester Horatio Hendricks self opgedaag net toe sake by betrokke partye begin stram raak, want Eddie Oosthuizen van Direktoraat Infrastruktuur en Ingenieurswese het by die ongelukstoneel glo gesê hy kan hulle nie help nie.

Michelle was so onthuts na al die trauma dat sy voorgestel het dat hy self as spoedwal in die pad moet gaan lê.

Die eerste burger het sake beredder: “Elke 24 uur wat ons mors, is 24 uur waarin iemand hul lewe kan verloor.”

Volgens Hendricks is dit `n onaanvaarbare situasie dat dit so lank vat om aan die Klercks se pleidooi gehoor te gee. “Elke sekonde wat ek hier staan, vrees ek vir my lewe. Mens wonder of iemand ons gaan platry”, is sy reaksie op bestuurders wat in Noorsekloof jaag.

Volgens hom is daar geen verkeerswet wat die munisipaliteit daarvan weerhou om spoedwalle te laat aanbring nie. “Dit gaan nie oor die wet nie, maar oor die beskerming van mense. Dit moes nie vier ongelukke gevat het voor iets daadwerklik gedoen word nie.’’

Inwoners het hul mening luid op sosiale media gelig, en die burgemeester het hom goed van sy taak gekwyt.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.