NSRI red lewens in vakansietyd

2018-10-11 06:03

PLAASLIKE lede van die Nasionale Seereddingsinstituut het verlede week ’n besige tyd beleef toe hulle by ’n aantal reddingspogings betrokke geraak en ’n paar swemmers uit gevaarlike situasies gered het.

Ander hulp is ook verleen.

Michael van den Bergh, Jeffreysbaai-NSRI stuurman vertel dat hul op Vrydag, 3 Oktober om 11:10 mediese bemanning ontplooi het om ’n 70-jarige man van Cradock by te staan nadat hy asemhalingsprobleme ondervind het. NSRI- en private ambulansdienste het op oproepe ge-reageer.

Ten spyte van al hul pogings om hom te red, is die man egter oorlede. Die familie is daarna deur die personeel bygestaan.

Op dieselfde dag het die lede van die Jeffreysbaai-tak hulle om 14:00 na Paradysstrand gehaas in reaksie op ’n oproep dat ’n 17-jarige jongman in die moeilikheid beland het.

By hul aankoms was die man reeds op die strand ná ’n suksesvolle reddingspoging deur sy pa. Die lede van NSRI het die nodige mediese aandag geskenk en gevind dat hy fisies goed reageer.

Jongmense in sleurstroom

Twee dae later was dit weer sulke tyd toe ’n aantal jongmense uit die see gered is. Zwelie Mafutha, senior lewensredder van die Jeffreysbaai NSRI-eenheid vertel dat hy en ander lewensredders verlede Vrydag om 12:30 pas klaar was met ’n roetine-oefening by Pellsrusstrand. Hulle was nie aan diens nie, maar hul aandag is deur ’n beroering op die strand naby Jeffreysbaai getrek.

Lede van die publiek het na hulle gehardloop en na die deurmekaarspul op die strand gewys. By hulle aankoms het swemmers na drie kinders beduie wat deur ’n sleurstroom ingetrek word. Twee tieners was besig om die kinders te probeer bereik, maar al vyf was toe reeds in die stroom vasgevang.

Die lewensredders het met hulle lewensboeie ingeswem en daarin geslaag om die kinders (tussen 11 en 12 jaar) veilig strand toe te bring. Die tieners (17 en 18 jaar) wat wou help, kon op hul eie die strand bereik.

Onmiddellik hierna is ’n meisie op ’n branderplank ook deur ’n sleurstroom ingetrek. Dieselfde lede is toe weer die see in en het haar na veiligheid gebring.

Lede van die publiek was vol lof vir die diens wat hierdie lede van die reddingsinstituut lewer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.