Nuttige wenke oor geldbesparing

2016-05-05 06:00
Drie Kouga Express-lesers staan elk die kans om die boek, Draai Jou Sente Om, deur Abrie Coetzee te wen.            Foto: VERSKAF

Drie Kouga Express-lesers staan elk die kans om die boek, Draai Jou Sente Om, deur Abrie Coetzee te wen. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONTSPAN met ’n lekker koppie koffie en ’n boek met nuttige wenke oor geldbesparing.

Drie Kouga Express-lesers kan elk die boek, Draai Jou Sente Om, deur Abrie Coetzee wen. Om in aanmerking te kom, stuur jou beste besparingswenk na kougaexp@media24.com.

Die kompetisie sluit om 12:00 op 9 Mei. Wenners sal per epos gekontak word.

Meer oor die boek

Draai Jou Sente Om is ’n positiewe boek. ’n Mens hoor dikwels oor die ‘verarming van oumense’. Hierdie teks sê vir jonk én oud: Neem beheer. Jy kán.

Natuurlik sê almal: Hoe gouer, hoe beter. Hierdie boek sê dit ook vir die jongklomp, maar daar is ook talle, baie positiewe wenke vir diegene na aan aftrede, of reeds afgetredenes.

Dawie Roodt, bekende ekonoom, beskryf Coetzee se teks as: “’n Uitstekende riglyn vir finansiële bestuur.”

Oud én jonk moet gedurig op hul aftrede en begrotings let: Het jy genoeg om in jou behoeftes te voorsien ná aftrede? Is jou maandelikse uitgawes meer as jou aftree-inkomste? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied allerlei praktiese wenke oor hoe om uit ’n finansiële verknorsing te kom. Die skrywer gebruik riglyne wat hy van verskeie finansiële raadgewers wêreldwyd versamel het. Die planne word in eenvoudige taal aangebied en is maklik verstaanbaar. Lesers hoef nie ’n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.

Dié boek is nie ’n vervanging vir ’n goeie finansiële leiding nie. Dit is wel ’n praktiese gids om ’n mens se alledaagse bestaan aan te pas en (weer) draaglik te maak. Die skrywer doen dit deur deurgaans positiewe voorstelle te maak en op praktiese maniere te verduidelik hoe om ’n begroting te laat klop.

Coetzee leef wat hy beskryf. Hy het aanvanklik kleiner nywerhede van bestuurs- en bedryfsekonomiese advies bedien, voordat hy sy eie besigheid begin het. Aangesien hy vir 35 jaar in eie diens was, moes hy sy af-trede deeglik beplan en voorsorg tref sodat hy en sy gade finansieel sal oorleef. Hulle het nou afgetree.

Draai Jou Sente Om is by toonaangewende handelaars en LAPA Uitgewers beskikbaar. Skakel LAPA by 012 401 0700 of besoek hul webblad www.lapa.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.