Nuwe fliek op sy kerfstok

2018-12-06 06:00
Marinda Visser-Hough kuier met rolprentvervaardiger André Scholtz van Astonbaai op InFood Coffee Roastery se leerstoele - en gesels land en sand oor alles en nog wat. Die ontmoeting gaan eintlik oor Frank & Fearless wat verlede naweek in teaters landwyd begin draai het - ‘n Afrika-verhaal met Leon Schuster, ‘n jong seun, sy hond en ’n baba-renoster wat wees gelaat is toe stropers die ma afgemaai het.Foto:VERSKAF

Marinda Visser-Hough kuier met rolprentvervaardiger André Scholtz van Astonbaai op InFood Coffee Roastery se leerstoele - en gesels land en sand oor alles en nog wat. Die ontmoeting gaan eintlik oor Frank & Fearless wat verlede naweek in teaters landwyd begin draai het - ‘n Afrika-verhaal met Leon Schuster, ‘n jong seun, sy hond en ’n baba-renoster wat wees gelaat is toe stropers die ma afgemaai het.Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK kuier met rolprentvervaardiger André Scholtz op InFood Coffee Roastery se leerstoele met goeie Cortados - en gesels land en sand oor alles en nog wat.

Die ontmoeting gaan eintlik oor Frank & Fearless wat verlede na-week in teaters landwyd begin draai het - ‘n Afrika-verhaal met Leon Schuster, ‘n jong seun, sy hond en ’n baba-renoster wat wees gelaat is toe stropers die ma afgemaai het.

Maar eers oor André wat in Astonbaai nesgeskop het.

Beginjare

“Dis rustiger om van Astonbaai af te werk, as om in Johannesburg te jaag,” sê hy.

In 1974 het hy sowat die derde huis op Astonbaai gebou. “Oubaas Büchner het my toe op ’n koppie laat loop en gewys waar die Marina moet lê. Ek het Jeffreysbaai sien groei. Daar was ’n groentewinkel waar jy ’n twee dae-oue Die Burger kon koop, en Pirow Viljoen se Wimpy was op die strand.”

André het vyf kinders en vyf kleindogters. Sy seun, Dries, is ook in die bedryf en hulle het reeds drie films saam vervaardig.

Ons gesels oor sy grootword-dorp, Koffiefontein, sy pa wat myner was in Zambië, en vind selfs gemeenskap-like vriende van ver. André vertel dat hy en sy skrywer-vriend, Paul Venter, gereeld saamkuier.

Vervaardiger

André sê: “Ek vind, as vervaardiger, mense is die interessantste onderwerp. Ek kan hulle vir ure dophou. Met die maak van ’n film, is ek vir ses of sewe weke besorg oor my mede-werkers se welstand.

Die maak van die nuutste fliek-“babatjie” was moeiliker, want als word oornag duurder.

Binne die ses maande van voorbe-reiding het die brandstofprys die hoogte ingeskiet.” Dit gooi sake omver, sê die man wat voor sy fliekmaak-dae die finansiële en beplanningsbestuurder vir Ster-Kinekor Films was.

Hy het sy Meestersgraad in Besigheidsleierskap (MBL) voltooi.

Passie

“Elke bedryf het sy eie uitdaging. Maar die sleutel tot sukses is passie. Elke dag. Jy moet passie hê vir wat jy doen, anders kan jy bloot nie aan-gaan nie,” reken André.

“Mens leer by almal met wie jy saamwerk en voeg so waarde toe tot jou eie lewe.”

Hy noem gesoute akteurs en reeks-makers, soos Marius Weyers, Elmo de Wit, Katinka Heyns . . . “Ek het in die jare toet met Jan Scholtz (nie familie nie) ‘love stories’ gemaak. Ek doen die film-ding al sedert 1969.”

Ek hang behoorlik aan sy lippe toe hy vertel hoe hy vir Leon in 1984 in die bedryf ingebring het. “Hy was maar sku, maar ek en hy het koffie gedrink by die SAUK, en ek het hom oortuig. You must be Joking het gevolg en daarna nog 13 flieks saam.”

André het ook klasgegee by die filmskool in Port Elizabeth waar sy studente onlangs graad gevang het.

Dit beïndruk dat André die vervaardiging en mede-vervaardiging van meer as 30 vollengte Suid-Afrikaanse films en sewe drama- en komediereekse vir die SABC, M-Net en kykNET behartig het. Verlede jaar het hy Meerkat Maantuig saam met sy seun vervaardig.

André werk aan Dalene Matthee se bosromanse, Toorbos, vir volgende jaar, maar nou is dit eers Frank & Fearless se beurt.

Frank & Fearless

Frank & Fearless is ’n Afrika-avon-tuur wat ’n ouer man, Sonny Frank (Leon Schuster) en ‘n dapper, jong seun, Fearless (Themba Ntuli) aanpak met hul metgeselle - baba-renos-ter Reini en Dog, Fearless se groot, swart hond.

Die spoorweg-chef en plattelandse seun wil die ambassadeur van ‘n Asiër-land ontvoer om renosterstropery te probeer stop. Dinge loop skeef, en die spannetjie is verplig om die stro-pers aan te vat en te uitoorlê.

Frank & Fearless is heel anders as Schuster se ‘gewone’ filmstyl. Benewens die lagspiere prikkel, is die storie daarop gerig om mense van die stryd rondom stropery te vertel.

Die Rhino Pride Foundation se dr. Jana Pretorius sê sy het betrokke geraak nadat die promosiemaat-skappy haar genader het. “Hopelik maak die rolprent kykers bewus van hoe kritiek die situasie met ons re-nosters is, en wat die emosionele impak is op diegene wat die gevolge van stropery daagliks sien.”

Die filmprojek is al vyf jaar lank in wording en is geskryf deur Gray Hofmeyr, Leon Schuster en Geoff Newton. Gray was die regisseur. André het vervaardig met Menzi Thabede aan sy sy.

“Dis ’n familieprent wat die bedreiging van ons renosters belig,” meen André. “Die film maak mense hiervan bewus op ’n egte wyse, sodat kykers selfs ’n traan sal pink.

“En na-tuurlik is daar skelms in die prent.”

André sê: “Dit is moeilike ekonomiese tye, en om fliek toe te gaan, is duur, maar ons teikenmark - die hele familie - sal beslis nie spyt wees nie.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.