Nuwe hoof vir Laerskool Hankey

2016-01-28 06:00
Die voormalige Departementshoof André Slabbert het na 30 jaar in die onderwys, die leisels as skoolhoof by die Laerskool Hankey in die Gamtoosvallei oorgeneem. Hy neem oor by Kruger Bekker wat na 18 jaar as skoolhoof afgetree het. Saam met Slabbert is Graad 1-leerders Owam Mange, Chanelle Benadie, Kyle Kelly, Tristan Felix en Nazrick Tobie. Sien bladsy drie vir die volledige artikel.   Foto: MONIQUE BASSON

Die voormalige Departementshoof André Slabbert het na 30 jaar in die onderwys, die leisels as skoolhoof by die Laerskool Hankey in die Gamtoosvallei oorgeneem. Hy neem oor by Kruger Bekker wat na 18 jaar as skoolhoof afgetree het. Saam met Slabbert is Graad 1-leerders Owam Mange, Chanelle Benadie, Kyle Kelly, Tristan Felix en Nazrick Tobie. Sien bladsy drie vir die volledige artikel. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MEER as drie dekades terug het hy as ’n ‘groentjie’ vir sy eerste skooldag aangemeld. Nou, 30 jaar later, is hy die trotse skoolhoof van dieselfde skool in die hartjie van die Gamtoosvallei.

André Slabbert, wat vars uit die onderwys-kollege in Port Elizabeth, sy eerste tree as onderwyser by die Laerskool Hankey gegee het, het begin vanjaar die leisels as skoolhoof oorgeneem. Hy het sedert Augustus verlede jaar as skoolhoof waargeneem na Kruger Bekker na 18 jaar as skoolhoof afgetree het.

Hy het as Wiskunde-onderwyser by die skool aangesluit en is in 2012 tot Departementshoof bevorder.

Slabbert se passie vir die onderwys lê diep in sy hart en hy weet hy kon nie ’n beter beroep gekies het nie. Hy het altemit reeds op skool geweet dat hy ’n beroep in die onderwys wil volg.

Volgens Slabbert het hy en die vorige skoolhoof nou saamgewerk, en is hy dus goed voorbereid om die skool na nog hoër hoogtes te lei.

“Ons as skool en gemeenskap het die potensiaal om saam Laerskool Hankey ’n skool te maak wat kinders se potensiaal ontwikkel.

“Ek het ’n ongelooflike en bekwame span personeellede wat my ten volle ondersteun. Die skool se beheerreed is verder ’n ware steunpillaar.”

Slabbert het groot planne vir die skool.

“Ek sal graag die skool se getalle wil uitbroei. Ons het reeds vanjaar ’n sterk groei getoon en spog tans met 200 leerders teenoor verlede jaar se 150 leerders. Kinders van sover as Loerie en Patensie is vanjaar by die skool ingeskryf,” sê Slabbert.

’n Naamsverandering vir die laerskool is ook in die pyplyn. “Daar is gereeld groot verwarring tussen ons skool en ons buurskool, die Hankey Primêre Skool. Dit is tyd dat ons ons eie identiteit kry.”

Volgens Slabbert het hy al honderde leerders sien kom en gaan in sy tydperk as onderwyser by die skool. “Ek het selfs die voorreg gehad om vir my twee kinders skool te gee en gaan binnekort vir my twee kleinkinders skool gee. Dan behoort ek seker af te tree,” sê hy laggend.

“Die lekkerste van skoolgee is om te sien hoe die kinders van graad 1-leerders ontwikkel waar hulle skaars hulle eie naam kan skryf, tot talentvolle graad 7-leerders, en te weet jy vorm ’n belangrike deel van hulle ontwikkeling. Dit is die cherrie op die koek.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.