Nuwe ontwikkelingsplan goedgekeur

2017-08-17 06:05

TWEE suksesvolle rondes gemeenskapsvergaderings is die afgelope jaar gehou vir die opstel van ‘n nuwe Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die Kouga-gebied.

Kouga se GOP, beter bekend as die “IDP”, is ‘n vyf-jaar plan wat die behoeftes van die munisipaliteit se 15 wyke uiteensit. Die plan word saamgestel in konsultasie met gemeenskappe en word elke jaar hiersien.

Kouga-burgemeester Elza van Lingen het gesê dat die raad dankbaar was dat so baie inwoners die gemeenskapsvergaderings bygewoon het.

“Julle insette het ons gehelp met die kies van prioriteite vir die 2017/18 boekjaar. Ons hoop om nog meer inwoners by die komende jaar se vergaderings te sien.”

Kouga se GOP vir die periode 2017 tot 2022 is eenparig deur die raad op 31 Mei 2017 goedgekeur.

Gemeenskapsvergaderings vir die komende jaar sal op die munisipaliteit se Facebook-blad by www.facebook.com/kouganews en in die plaaslike media geadverteer word.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.