Nuwe wind bol in seile

2017-11-23 06:01

OPWINDENDE eetgenot, aangevuur deur ’n liefde vir goeie kos, wye ervaring in die kosbedryf en kook vir glanspersoonlikhede, wink by die De Viswijf-restaurant in Jeffreysbaai.

Hier vind die besoeker ’n vars, rustige en intieme restaurant wat ’n warm gasvryheid bied met daardie “ietsie” ekstra. Dit is onmiskenbaar: bestanddele, resepte en die allerheerlikse kos is die spilpunt waarom vennote Nadine en Fred Klemp se lewe draai.

Nadine het lank by Ernie Blignault gewerk voor sy na Bloemfontein verhuis het. Nou is sy en haar man terug om met vars idees en die klem op die fynste besonderhede nuwe wind in die seile van die restaurant te blaas.

Die Klemps het op 1 Junie as vennote by die De Viswijf Restaurant aangesluit.

Nadine werk saam met De Viswijf se kombuisspan, terwyl Fred die bestuur en instandhouding van die restaurant behartig.

Dié vroue-en-man-span glo in die belangrikheid van tredhou met wêreldwye neigings en om ’n eenvoudige, effektiewe benadering tot kosmaak te hê. “Fynproewer-etes word alles in goeie, eenvoudige smake vervat,” sê Nadine wie se liefde vir kook in elke dis na vore kom.

Veranderinge onder hul bestuur sluit in opgeskerpte sekuriteit en spreiligte, ’n groter kroeg en ’n nuwe buite-baadjie vir die gebou. Hulle het in samewerking met hul bure - Brewery on the Beach - die tuin opgeknap.

Hulle spog met ’n nuwe wynlys en nuwe disse op die spyskaart.

Klante kan ouder-gewoonte De Viswijf vir kwaliteitdiens en topgehalte kos - hetsy middagete of aandete - besoek. Die restaurant is beskikbaar vir funksies, insluitende troues en jaareindfunksies.

Besigheidsure is soos volg: Maandae tot Saterdae vanaf 11:00 tot 14:00 (middagete) en 17:00 tot laat (aandete) Tydens seisoentyd is middagete vanaf 10:00 tot 15:00 en aandete vanaf 17:00 tot laat. Besoek De Viswijf Restaurant se Facebook-blad vir meer inligting oor wynparings en spesiale aanbiedinge.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.