Nuwejaarsvoornemens

2017-11-30 06:01

BIETJIE vroeg?

Ek glo nie, want ek het geleer liniêre tyd is ‘n volksvreemde begrip. Die “powers that be” het baie tyd nodig om te lees, te begryp en te reageer.

Sekere sake vra my fokus in 2018, en ek sou dit graag wil sien realiseer. Só lyk my doenlys:

  • DIE SPOELBRUG (Causeway op Afrikaans): Ek wil toesien dat ‘n pont (vreemde benaming vir die Afrikaanse ferry) oor die riviermond tussen Jeffreysbaai en Paradys gevestig word. Dis die enigste oplossing, want ons kinders en hulle agterkleinkinders sal waarskynlik nie ‘n brug tussen die twee dorpsgebiede kry nie. Omdat ek weet hoe besig die plaaslike regering is, wil ek dadelik aansoek doen, want goedkeuring kan dalk in my leeftyd nog gegee word.
  • BRIEF AAN SELF: “Geagte Self, moenie afsprake met BBP’s (bv sommige skoolhoofde) maak nie. As die kantoordame jou eers belowe dat die hoof se persoonlike assistent (wow!) jou spoedig sal skakel, berei jou solank voor op ‘n oproep oor so vyftien jaar…indien enige.”
  • REUSE OPENBARE BRAAIDAG: Dit moet so luisterryk wees, Jan Braai moet soos n tintinkie lyk. Só moet die dag verloop: Een van die nie so! besige! uitvoerende! burgemeesters open die dag met retoriek oor hoe briljant die huidige plaaslike regering is. Die DBV hou toesig oor die humane teregstelling van alle rondlopersbeeste, varke en bokke in dorpsgebiede. (Let wel: die spookeienaars van die diere mag nie by die slagting ingesluit word nie. Hoor ek ‘n kreun van frustrasie? Siesa!). Dan volg die braai. As iemand lus is vir groente, slag ons ‘n hoender. ‘n Afterparty word vir alle maer, brandsiek, hondsdol dorpsbrakke gehou. Hulle kan die bene kom vreet . . . ás daar bene is. Teen die huidige vleispryse sal hulle waarskynlik met hang-ore en slap sterte sonder kos huiswaarts keer.
  • NASIONALE HOP-, SKIP- EN JUMP-DAG: In die gees van Ubuntu proklameer ons ‘n nasionale toi-toi-dag waarop ons almal hand om die lyf ons eie kulturele hophops doen. Elke groep sing lustig oor sy eiegoed om van opgekropte frustrasies ontslae te raak. Laat dit oor die see bulder: Sipheth’ ama- straight Guarana Amaku fika abo Rhati savay…..hampertenana tjotterna tjarnia harnia, oernia parnia, my wife makes strong curry.....Umshini Wami…..Ein Kugel kam geflogen . . . More oompie, more tannie, waar is Sannie dan? Daarna wikkel elkeen sy eie volksdans: volkspele, toi-toi, die khoi-riel, en ‘n kryger dans met sy spies onder luide geroep van “Nants ingonyama bagithi Baba Sith . . .” (Here comes a lion, father, oh yes it’s a lion . . .”). Elkeen word dan vir die skitterskoon terrein beloon met ‘n mini-reënbogie, en daarna voer die volkere mekaar met elkeen se unieke resepte: koeksisters, kerrie, soesji, pap en vleis . . . en sie-daar – almal lief mekaar!
  • ‘n Brief aan die prez om alle korruptes aan te kla (ook die pre-1994’s en terug tot 2000 jaar gelede toe Jan voet aan wal gesit het).
  • ‘n Voorstel aan die Spietkop-Opleidingsdepartement om vas te stel waarom ‘n amptelike boetekaartjie die ronde doen waarin ‘n vrou-like Bessie ‘n motoris iets soos R500 beboet omdat “reverse lights work only when car is in reverse gear.” Kan nie wees nie!

‘n Rustige komende feesgety vir jou. Daar is nog redelik baie water in die dorpe oor. Drink dit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

5 scientific benefits of owning a cat

According to science, just the act of watching cats itself can bring about positive emotions – so it comes as no surprise then, that owning a cat has a number of benefits.

 

Paws

Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
This special pooch inspired his brother to learn to stand again
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.