Ocean View-huis brand af dae voor troue

2018-08-23 06:00
Skaars twee weke voor Abigail Visagie (32) en Ruben Ruiiters (30) van Ocean View in Jeffreysbaai se troudag, het hulle alles verloor. Eugene Adams (regs agter) van Pick n Pay in Jeffreysbaai en Michelle Venter (links) van Bingo Royale het ingespring om die verliefde paartjie se dag besonder te maak.       Foto’s:MONIQUE BASSON

Skaars twee weke voor Abigail Visagie (32) en Ruben Ruiiters (30) van Ocean View in Jeffreysbaai se troudag, het hulle alles verloor. Eugene Adams (regs agter) van Pick n Pay in Jeffreysbaai en Michelle Venter (links) van Bingo Royale het ingespring om die verliefde paartjie se dag besonder te maak. Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SKAARS twee weke voor die groot dag van ’n verloofde paartjie van Ocean View, Jeffreysbaai, het hulle alles in ‘n verwoestende brand verloor - trouskoene en -klere ingesluit.

Al wat behoue gebly het, is hul trouringe.

Maar van in sak en as sit en die troue uitstel, was daar nie sprake nie.

Daarvoor is Abigail Visagie (32) en Ruben Ruiters (30), wie se huis op Dinsdag, 31 Augustus omstreeks 11:00 in ’n brand verwoes is, te lief vir mekaar.

Abigail vertel: “Ek was besig om my trourok aan te pas, toe ek die oproep ontvang: daar is ’n brand en ons moet dadelik huis toe kom.

“Daar aangekom, was dit net rook en vlamme. Ons was te laat. Ons het alles verloor: ons huis, meubels, klere . . . alles. Selfs Ruben se troupak en -skoene, en ons seun, Lej’zayne (7) se trouskoene was nie gespaar nie.

“Al wat die vuur vrygespring het, was ons twee se trouringe - mooi weggebêre in ’n houtkassie, wat nou heeltemal verbrand was. Maar my ring het niks oorgekom nie, terwyl Ruben se ring weens die vreeslike hitte effens verkleur het. Maar ’n juwelier kon dit regmaak.”

Dié terugslag het egter nie die verliefde paartjie van 14 jaar, daarvan weerhou om op 11 Augustus te trou nie. Al beteken dit hulle kon nie meer die troue van hul drome hê nie.

“Die ringe was ’n teken: ons moet trou ongeag wat gebeur het. Ons kan net vorentoe kyk,” sê Abigail.

Groot was hul verbasing en dankbaarheid toe bekendes en onbekendes ’n helpende hand uitsteek - van kruideniersware tot ’n troukoek.

Híér het Eugene Adams van Pick n Pay in Jeffreysbaai ’n groot rol gespeel.

Hy het seker gemaak dat daar sap, eetgoed en ’n troukoek by die onthaal is.

Dit is ook deur Adams wat Michelle en Schreuder Venter van Bingo Royale in Jeffreysbaai van die paartjie se lot bewus geword het. Hulle het nie vir ’n oomblik geskroom om ’n R1 000-geskenkbewys en ete aan die paartjie te skenk nie.

Fountains Mall het ook ’n bydrae gelewer.

“So baie mense het ons uit hul harte geseën,” sê Abigail. “Ons kan nie genoeg dankie sê nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.