Omstrede Paradys Skibootklub word sentrum

2018-08-09 06:01
Na jare se ontwettige gebruik, is die skibootklub-gebou tydens ’n ope tender deur die Kouga-munisipaliteit aan die plaaslike buurtwag, Paradise Watch, toegeken. By die gebou is Paradise Watch-lid Annekie Heyns en Paradise Watch-voorsitter Riaan Kolesky.   Foto:MONIQUE BASSON

Na jare se ontwettige gebruik, is die skibootklub-gebou tydens ’n ope tender deur die Kouga-munisipaliteit aan die plaaslike buurtwag, Paradise Watch, toegeken. By die gebou is Paradise Watch-lid Annekie Heyns en Paradise Watch-voorsitter Riaan Kolesky. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE ‘strydwekkende’ Paradys Skibootklub in Paradysstrand net buite Jeffreysbaai trek eersdaags ’n nuwe baadjie aan.

Na jare se ontwettige gebruik, is die skibootklub-gebou tydens ’n ope tender deur die Kouga-munisipaliteit aan die plaaslike buurtwag, Paradise Watch, toegeken.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks sê: “Die uitsetting van die onwettige huurders wat sonder enige huurooreenkoms ’n besigheid bedryf het, is ’n ware suksesverhaal.

“Die skibootklub is al jare terug ontbind, en die gebou sal nou as ’n gemeenskapsentrum gebruik word. Dit is ’n wonderlike fasiliteit vir die Paradysstrand-gemeenskap wat voorheen nie toegang tot ‘n eie gemeenskapsaal gehad het nie.”

Volgens Paradise Watch-voorsitter, Riaan Kolesky, sal die gebou hoofsaaklik as ’n basis vir die buurtwag gebruik word.

“Paradysstrand het onlangs ’n brandwa van die munisipaliteit ontvang om met brandbestryding te help,” sê Kolesky.

“Dit, tesame met ander brandbestrydingtoerusting, sal in die gebou van die ou ski-bootklub gehuisves word.

“’n Beplande kamerastelstel, wat toegang tot die woonbuurt sal monitor, sal ook hier gehuisves word. Dié stelsel sal die opvolg van kriminele oortredings deur die buurtwag en wetstoepassers vergemaklik.

“Verder sal die huidige radiostelsel, wat tans in ’n manstoilet geberg word, na die klubgebou verskuif word.”

Kolesky beklemtoon: “Die gebou behoort heel eerste aan die gemeenskap en met hul insette sal daar besluit word waarvoor die gebou verder aangewend moet word.”

Die Paradise Watch vergader op 9 Augustus om 10:00 by die klubgebou om die toekoms daarvan te bespreek. Alle Paradysstrand-inwoners is welkom om die vergadering by te woon.

“Alles wat ons doen, is vir die gemeenskap,” sê Kolesky.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.