Onderwyseres ploeg deur mure in Wavecrest

2016-03-24 06:00
’n Onderwyseres van die Hoërskool Nico Malan het Maandagaand deur die grensmuur en kantmuur van ’n huis in Wavecrest geploeg.                    Foto: MONIQUE BASSON

’n Onderwyseres van die Hoërskool Nico Malan het Maandagaand deur die grensmuur en kantmuur van ’n huis in Wavecrest geploeg. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Jong onderwyseres van die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp het Maandagaand beheer oor haar Volkswagen Polo verloor en regdeur twee mure van ’n Wavecrest-huis in Jeffreysbaai gebars.

Die bestuurder het omstreeks 21:30 beheer oor haar voertuig verloor, oor twee erwe gery, ’n kragpunt - wat al telkemale die slagoffer van motorongelukke was - rakelings gemis, deur die grensmuur van Michelle Klerck se huis op die hoek van Noorsekloof en Seetuinweg gebars, en hul kantmuur by die voordeur in puin gelos.

Volgens Klerck lyk dit asof sy teen ’n hoë spoed van Da Gamaweg af in die rigting van Seetuinweg gery het, toe die ongeluk gebeur het.

Ons het skielik net ’n helse slag gehoor. Ek het gedink ons huis val uitmekaar,” sê Klerck. “Onderwyl ek by die venster uitkyk om te probeer sien wat gebeur het, het my man uitgehardloop om die bewustelose vrou te help.

“Hy het vir my geskreeu om die ambulans en polisie te bel, terwyl hy haar probeer bybring het.”

Klerck sê hoewel hulle ontevrede oor die skade is, is hulle dankbaar die vrou het die ongeluk oorleef.

“Vir my gaan dit oor die aantal mense, veral jongmense, wat soos jaagduiwels in Noorsekloof op en af ry. Kan die Kouga-munisipaliteit nie spoedbulte oprig om diegene wat so lief vir jaag is, te rem nie?”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.