Onnies help om oë te red

2019-03-07 06:01
Graad 11 JBay Comprehensive High School-leerder, Ruasha Groenewald (18) van Pellsrus in Jeffreysbaai, benodig dringend ’n kornea-oorplanting om haar sig te red. By Ruasha is onderwysers (links) Sharifa Louw en (regs) Sorika Hardy, en haar ouers Riaan Groenewald en Pamela du Plessis. Foto:MONIQUE BASSON

Graad 11 JBay Comprehensive High School-leerder, Ruasha Groenewald (18) van Pellsrus in Jeffreysbaai, benodig dringend ’n kornea-oorplanting om haar sig te red. By Ruasha is onderwysers (links) Sharifa Louw en (regs) Sorika Hardy, en haar ouers Riaan Groenewald en Pamela du Plessis. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY moes al van laerskool met haar gesig feitlik teenaan haar boek sit om te kan sien . . . en moet heel voor in die klaskamer sit.

Graad 11 JBay Comprehensive High School-leerder, Ruasha Groenewald (18) van Pellsrus in Jeffreysbaai, benodig dringend ’n kornea-oorplanting om haar sig te red.

Hoewel onderwysers hard aan die woeker is om haar te help, skort fondse.

Dié skool se ATKV-jeugtak het onlangs R1 000 tydens ’n talentkompetisie ingesamel - slegs ’n druppel in die emmer.

Die totale koste van die broodnodige operasie beloop meer as R100 000. Die operasie kan in Port Elizabeth gedoen word, terwyl die korneas van Amerika kom.

Ruasha se pa, Riaan Groenewald, vertel: “Ons het eers besef iets skort met haar oë toe ’n oogarts die plaaslike laerskool waar sy was, besoek het.”

“Ruasha het ’n bril gekry, maar haar sig het mettertyd versleg.”

Haar ouers het haar na ’n algemene praktisyn op die dorp geneem - ’n tweede bril het gevolg. Dié het egter ook net vir ’n kort tydperk gehelp.

Dit was eers toe Ruasha na ’n oogspesialis geneem is, dat haar siekte gediagnoseer is: kromming van die kornea. Dit is ’n toestand waar die kornea uitbult en sig belemmer. Die toestand vererger mettertyd.

Die nuus dat sy dogter kornea-oorplantings in albei oë moet kry om haar sig te red, was ontstellend en angswekkend, sê Riaan.

“Maar nou weet ons daar is hoop. Iets kan gedoen word.”

Omdat daar ’n lang waglys vir kornea-oorplantings by staatshospitale is, mik hulle om nagenoeg R100 000 in te samel om die operasie by ’n privaat-spesialis te laat doen.

“Indien die operasie nie gedoen word nie, kan Ruasha binne die volgende tien jaar blind wees,” sê Riaan.

“Na die operasie sal Ruasha, ’n leergierige kind wat voorheen in netbal uitgeblink het, haar volle potensiaal kan bereik,” sê Riaan.

Die gesin hoop om intussen spesiale kontaklense vir Ruasha te kry.

“Die kontaklense druk die kornea plat en help om haar sig te verbeter. Dit is egter net ’n tydelike oplossing,” sê Riaan.

Die skool, ’n nie-winsgewende organisasie, doen ’n beroep op die gemeenskap om die familie finansieel te help.

Die skool beoog om verskeie fondsinsame-lingsgeleenthede te hou om fondse vir Ruasha in te samel, onder meer ’n Jazz-aand.

Vir meer inligting, kontak Sharifa Louw by 079 517 1799 of Sorika Hardy by 063 461 8099.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.