Ons mense is so leuk!

2017-10-26 06:00
: Jannie Hough

: Jannie Hough

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AFRIKANERS is plesierig.

Nie net plesierig nie - hulle het die volle pakket: hulle gloei van simpatie, van taalgeletterdheid, van die fynste nuanses van gevatheid, heldersiendheid, teerheid, humor, ironie (en ander taalverskynsels), mensekennis en die allerfraaiste sosiale moraliteit. Natuurlik is daar ook die spoilsports, maar daaroor la-ter.

Iemand beland onlangs met ’n motor in ’n stroom water. Natuurlik nie hier in die Oos-Kaap nie – ons mense hier kán bestuur.

Of die stomme mens dadelik te hulp gesnel is, weet ek nie. Vir onse mense is sulke kommer té gemeenplaas: een van hul eerste prioriteite was om die gebeure te ontrafel en tot ’n scenario te verwerk wat Hollywood-draaiboekskrywers groen van jaloesie sal laat.

Die enjin het kwalik onder die water verdwyn, of ’n groep kundiges het die FB-aankondiging in oënskou geneem, alle fasette ontleed, gevolgtrekkings gemaak en dit die eter inge-stuur. Soveel bekwaamheid! Soveel afronding!

Ek was verwonder – ons mense is só gevoelvol, teer, behulpsaam, rein van hart! Want binne ’n ommesientjie het die wetenskaplike reaksies deur die lug getrek, vasgevang op sosiale media. Só het dit gelees:

  • Seremoniemeester: “Lokale skiet-en-skop rolprentskoot om 3-uur vanoggend.” (Watter sensitiwiteit! Resensent en fliekkenner per excellence).
  • Reaksie 1: “As hy nie wil hoor nie, toughies. Geen simpatie vir hom nie. Wat soek hy so naby die water? (Absolute insig in die man se psige. Ongetwfyfeld minstens ’n speurkolonel).
  • Reaksie 2: “Drink soos ’n vis en swem soos een.” (Onvergelyklike vergelyking in die letterkunde. Onmiddelike diagnose – minstens ’n marinebioloog aan die woord).
  • Reaksie 3: “Wonder by watter oog het hy sy geld uitgesuip.” (So halfpad heldersiende; maar die diep menslike meegevoel mag ons nie miskyk nie).
  • Reaksie 4: “Wyn maak jou mos baie clever.” (Duidelik ’n kenner van die papegaaisapkul-tuur?).
  • Reaksie 5: “Daar was twee riviere, toe hou ek maar in die middel.” (Ondervinding of empatie?)
  • Reaksie 5: “Een dop later . . .” (By die party-tjie teenwoordig, of eerstehandse kennis van die slagoffer se drinkvermoë – of gebrek daaraan?).
  • Reaksie 6: “As dit sy keuse is van ’n karwassery, los hom uit.” (Briljante Afrika-humor. Ek wil my besimpeld lag).
  • Stem roepende in die woestyn: “Is daar enige bewyse vir al dié stellings?” (Ou spoilsport!).
  • Nog ’n nerd: “Julle pleeg karakterskending!” (Ag nee! Dis nie karakterskending nie – dis hoogs intelligente analise en besluitneming; dis wetenskaplike, akademiese opinies wat jy hier wil aanvat!).
  • Reaksie 7: “Hierdie is ’n pret- en sosiale webwerf!” (Pret? Watter etimologiese diepte sonder gren-se! “Pret” kry ’n nuwe betekenis).
  • Die oorspronklike nuusverspreider: Ek hét die feite. Sal dit vrystel nadat ek dit bevestig het (Feite bevestig? Die briljantste oksimoron denkbaar!) En moet nou nie loop en versprei dat ek sê ’n moroon se kop is vol suurstof nie).

Wat toe van die slagoffer geword het, word nêrens genoem nie. Hoe nuuswaardig is sy dood of lewe eintlik?

Soos gesê: Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. My opinie? Wattert mening kan ek waag oor die hogere sosiale dinamiek van ons dag? Die briljante vertoon van medemenslikheid slaan my vir ’n ses. Viva, vryheid van spraak, viva! Viva, ons sosiale kommentators, viva!

Hoor ek êrens ’n haan kraai?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.