‘Ontsouting beste opsie vir krisis in Kouga’

2018-03-08 06:01

ONTSOUTING van seewater is op lang termyn die beste opsie vir die Kouga-munisipaliteit, sê Elza van Lingen, burgemeester.

Sy het verlede Woensdag tydens haar munisipale rede gesê Kouga – wat dorpe soos Jeffreysbaai, Humansdorp, St. Francisbaai, Oesterbaai, Hankey en Patensie bedien – se watertoevoerstelsel, waaruit Nelson Mandela-baai ook water put, staan tans op 25,6%. Dit is sowat die helfte minder as die 50,2% van die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Van Lingen sê die korttermynplan was om ondergrondse water en natuurlike bronne te kry. R10,52 miljoen is opsy gesit om te boor, te toets en die nuwe boorgate so gou as moontlik in werking te stel.

Die meeste van die boordery was egter onsuksesvol omdat die droogte die gebied reeds so erg beïnvloed het.

“Op medium- tot lang termyn meen ons ontsouting is die beste manier om watersekerheid vir Kouga te verseker,” sê sy.

“ ’n Afvaardiging van Kouga het Israel onlangs besoek om meer van ontsouting by van die wêreldleiers op die gebied te leer.

“Die aanstellingsproses van ’n professionele diensverskaffer om met die inwerkingstelling te help, is reeds begin,” sê sy.

Van Lingen is veral bekommerd oor die Kougadam, wat Hankey en Patensie se enigste bron van water is.

’n Jaar gelede het dié dam se watervlak op 36% gestaan – nou is dit net meer as 10%.

“Die vooruitsig vir die Churchill- en Impofudam – wat Jeffreysbaai, Humansdorp, St. Francisbaai en Kaap St. Francis van water voorsien – lyk ook maar treurig,” sê sy.

“Die vlak van die Churchill het van 31% in Februarie 2017 gedaal tot 18% en die Impofu van 72,4% tot 41,3%.”

Van Lingen sê ’n opsie wat hulle gretig is om te verken, is die opvang van reënwater. Sy sê R500 000 is opsy gesit om plastiekwatertenks te koop en te installeer om afloopwater van dakke op te vang.

“Die tenks sal aanvanklik grootliks in die Gamtoos-omgewing op strategiese plekke geïnstalleer word, maar om hierdie inisiatief verder te voer, sal my kantoor ’n spesiale projek aanpak om reënwatertenks by die wonings van bejaardes en gestremdes van Hankey te installeer.”

Inwerkingstelling begin sodra die tenks en ander materiaal afgelewer word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.