Ontstoke inwoners mor oor vervalle Jeffreysbaai-begraafplaas

2018-10-18 06:01

Toegegroei, vuil en verniel - híér kan ’n afgestorwene kwalik rus vir sy siel vind.

En die lewendes vrees vir hul veiligheid.

Ontstoke inwoners en besoekers vrees vir hul lewe wanneer hulle geliefdes by die C-Plek Begraafplaas in Jeffreysbaai besoek.

Dit is egter nie weens spoke of ander bangmaakgoed nie, maar eerder die lang gras, hope rommel en tekort aan voldoende sekuriteit.

Daar is geen heining aan die een kant van die begraafplaas nie, grafte is verwaarloos, en vee loop vrylik rond en smul aan blomme op grafte.

Ongure karakters kom ook ge-reeld hier bymekaar.

“Die veiligheid van mense wat grafte wil besoek, is weens die oorgroeide gras en bossies in gedrang,” sê ’n inwoner.

“Die gras is op plekke so hoog dat ’n mens nie eens die grafte kan sien nie.”

Die skuld hiervoor word voor die deur van die Kouga-munisipaliteit gelê, wat glo nie die begraafplaas onderhou nie.

Volgens Gemeenskapdienste Portefeulje Raadslid Daniel Beson, is die munisipaliteit deeglik bewus van die probleem.

“Daar is ’n tekort aan mannekrag om al die begraafplase in Kouga in stand te hou,” sê hy. “Ons fokus dus daarop om ten minste die nuwe ge-deelte van die begraafplaas skoon en in stand te hou.

“Die ouer gedeelte van die begraafplaas is effe oorgroei, maar ons hoop om die probleem binnekort aan te spreek. ’n Heining en voldoende aanwysingsborde is in die pyplyn.”

Volgens Benson is gemeenskapprogram-werkers in die meerderheid wyke aangestel om probleme soos dié aan te spreek - ’n inisiatief van die Oos-Kaapse Departement van Koöperatiewe Dienste.

“Die uitdaging is dat daar nie voldoende koördinering is van die programme wat dié werkers aanpak en die werk wat die munisipaliteit doen nie,” sê hy.

“Gevolglik is daar tye wat daar ’n munisipale en gemeenskapprogram-span is wat onnodiglik op dieselfde plek vir dieselfde werk opdaag.

“Die munisipaliteit sou graag van die werkers wou gebruik maak om, onder andere, te help met die skoonmaak en instandhouding van begraafplase. Ons is tans in gesprek met die department rakende dit.”

Op die langtermyn hoop die munisipaliteit om meer begraafplase aan te lê.

“Die munisipaliteit het grond vir nuwe begraafplase regoor Kouga identifiseer. Ons is tans met die omgewingimpakstudies besig,” sê Benson.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.