Op 72 ken haar bene geen einde

2019-08-15 06:01
Liz Jenkerson (72) van Kareedouw het met ’n tyd van 02:04:24 ’n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Halfmarthon-kampioenskappe op Saterdag, 27 Julie in Port Elizabeth losgehardloop.           Foto:MONIQUE BASSON

Liz Jenkerson (72) van Kareedouw het met ’n tyd van 02:04:24 ’n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Halfmarthon-kampioenskappe op Saterdag, 27 Julie in Port Elizabeth losgehardloop. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LAAIE wat kreun van die goud . . . en silwer en brons.

Kareedouw-inwoner Liz Jenkerson (72), ’n klein figuur met grys hare wat die jonger langasems op hul tone hou, het al honderde medaljes oor die jare losgehardloop - onder meer die halfmarathon-goud vir vroue ouer as 70.

Jenkerson, van Muiride Riders, het die goue medalje in die 21.1km halfmarathon vir haar ouderdomsgroep in ’n haastige twee ure, vier minute en 24 sekondes ingepalm. Dit was 41 sekondes vinniger as haar 2018-tyd, wat aan haar ’n silwer medalje besorg het.

Sy het dié wentyd op Saterdag, 27 Julie in Port Elizabeth aangeteken.

Slegs twee weke later, wen sy ’n goue medalje in die 70+ ouderdomsgroep by die jaarlikse 10km Diva Run in Port Elizabeth.

Sy spog verder met ’n silwer medalje vir die SPAR Women’s 10km Challenge wat jaarliks in Mei die pad vat.

Sy het sedert haar eerste padwedloop die Twee Oseane-marathon (elf keer), Comrades-marathon (ses keer), Bay Ultra-marathon (tien keer), Oor die Berg-wedloop (twee keer) en 60km Clover Seltters Ultra-marathon voltooi.

Alles wedlope op haar emmerskoplys.

Jenkerson sê sy het in haar jonger dae glad nie aan sport deelgeneem nie - nie eers op skool nie.

Sy het eers op die rype ouderdom van 50 begin hardloop nadat ’n kol-lega haar gevra het om aan die gewilde treinresies deel te neem.

Sy glimlag breed: “Na daardie eerste padwedloop, was ek verslaaf.

“Ek is baie lief daarvoor. Jy ontmoet sulke gawe en interessante mense - jy word een groot familie.”

Nou is stilsit beslis iets van die verlede met haar kalendar wat meestal weekliks minstens een wedloop insluit.

Buiten die wedlope, hardloop sy byna elke oggend 10km - in sonskyn en wind.

Net die reën hou haar binne-in die huis.

“Op ’n mooi oggend voel jou gesig sommer lewendig,” sê sy.

Volgens Jenkerson het die aktiewe leefstyl ’n groot invloed op haar gesondhied.

“Van skete is daar nie sprake nie. Ek het nie eers hoë bloeddruk nie.”

Gaan sy binnekort haar hardloopskoene ophang?

“Beslis nie. Ek hoop om nog vir baie jare te hardloop - dalk net korter afstande.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.