Op die randjie van nêrens

2017-10-19 06:01
Nóg ’n mylpaal behaal! Peter van Kets en Jacques Marais op die grens van die Skedelkus Nasionale Park tydens die 1 200 km-fietstrap.                        Foto’s:VERSKAF

Nóg ’n mylpaal behaal! Peter van Kets en Jacques Marais op die grens van die Skedelkus Nasionale Park tydens die 1 200 km-fietstrap. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT is hier waar ons Dunlop Beyond the Desert Edge-ekspedisie begin – waar ons met fat-bike fietse en viertrek Isuzu-bakkies al die pad van die Kunenerivier tot in Walvisbaai vir 1 300 km trap en veldpaadjies soek.

Ek het al heelwat avonture gepak in my vyf of so dekades, maar dié woestynroete het my voor die tyd elke nou en dan snags laat wakker lê. Die onhergbergsame woestyn al teen die Skedelkus langs is nie kinderspeletjies nie en ’n mens sien maklik ’n week lank nie ’n enkele ander voertuig nie.

Ná ’n deurnag tot in Windhoek vir finale inkopies, het ons die 20 uur-lange tog tot teen Angola aangepak. Agterpaadjies het ons uit-eindelik tot by Serra Cafema – een van Wilderness Safaris se mees afgeleë en mooiste kampe – gebring, en vir ’n dag lank kon ons fietse en voertuie regkry vir die boendoes wat suidwaarts wag.

Ons het ’n paar uur gehad om die omgewing te verken en een van die laatmiddag-bootritte te doen om almal te laat ontspan. Bielie-groot krokodille, Himba-mense wat teen die rivierbanke boer, reuse-reiers wat kurpers jag en die ruwe landskap van Angola maak dit ’n verruklike ondervinding.

Ons was Maandag reeds douvoordag reg en het net ná sonop teen die steil sandduine begin uittrap (en stoot). Jou gemiddelde man op ’n fiets (dis nou ek!) sweet lelik hier, maar ek het darem gesien my mede-avonturier, Peter, swets so nou en dan ’n bietjie.

In die Isuzu-bakkies met hul Grand Trek-buitebande was dit darem makliker, met die Kirk-broers wat vooruit kon verken om video te skiet. Hulle het by ’n klein Himba-stat vir ons gewag waar ons ’n blaaskans kon kry – en ook met mense van dié uitsonderlike Afrika-nasie kon gesels.

Die opdraende en rooi sandduine wou net nie ophou nie en dit het ons amper vier uur geneem om die middagete-stopplek te bereik. Gelukkig het die gids van Wilderness Safaris die gebied baie goed geken en die uitsig oor die Kunene tot doer in Angola het vergoed vir die kuit-krampe van die laaste klim.

Dis afdraand van hier af en ek het in die bakkie gespring, terwyl ons videoman vir ’n rukkie saam met Peter getrap het. ’n Groot trop van sowat 30 bergkwaggas het vir ’n rukkie saam met die fietsryers galop – verder was daar kameelperde, springbokke en gemsbokke.

Snags het ons in dorre riverlope gekampeer en om die hardekoolvure gesit en luister na die duisendmyl-stilte. Hier diep in die woestyn hoor ’n mens snags soms nie eens ’n uil of jakkals as jy in jou tent lê nie. Nou en dan ritsel daar ’n skerpioen of geitjie verby, maar andersins is dit net jy en jou gedagtes.

En dit was dan ook juis ons idee met Beyond the Desert Edge. Dit is nie net ’n avontuur of langasem-trap nie. Dit gaan meer oor wat ’n mens hier op die randjie van nêrens kan ontdek. Hier is horingadders en duisend jaar-oue welwitshia-plante, boesmankersbome en skerpioene wat neongroen gloei in die lig van ’n ultraviolet-flits.

Hier is ook eindelose landskappe en brose ekostelsels, waar jy of jou voertuig letsels kan laat vir dekades - dus moet ’n mens lig trap. En die ruimte en stilte beteken dat jy heelwat tyd bestee en na binne kyk, om te sien waar en hoe jy in hierdie eindelose planeet van ons pas. Dit is deels ook hoekom die ondersteuning vir Beyond the Desert Edge – gelewer deur borge soos Dunlop, Spar, Isuzu, Wilderness Safaris, Hi-Tec, Giant, HoldFast, Spot-Africa en Drip-Drop – vir ons so belangrik is. Hul bystand beteken dat ons iets kan teruggee deur geld in te samel vir Children in the Wilderness, ’n liefdadigheidsorganisasie wat help om kinders in wildernisgebiede oor die na- tuur op te voed.

  • Meer inligting: www.petervankets.com | www.jacquesmarais.co.za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.