Operasie vir tiener (18) bring hoop

2019-07-18 06:01
Ruasha Groenewald (18), ’n graad 11-leerder by die Jeffreys Bay Comprehensive High School in Pellsrus, gaan binnekort die gebruik van albei haar oë terughê - danksy ’n barmhartige Samaritaan.                                     Foto:MONIQUE BASSON

Ruasha Groenewald (18), ’n graad 11-leerder by die Jeffreys Bay Comprehensive High School in Pellsrus, gaan binnekort die gebruik van albei haar oë terughê - danksy ’n barmhartige Samaritaan. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

RUASHA Groenewald (18) gaan binnekort die gebruik van albei haar oë terughê - danksy ’n barmhartige Samaritaan.

Dié leerder van die Jeffreys Bay Comprehensive High School in Pellsrus, Jeffreysbaai ondergaan op 23 Julie ’n kruisverbinding-ope-rasie wat die kollageen in albei oë verhoog en sodoende verhoed dat haar oog uitbult as gevolg van die Keratokonus.

Sy sal steeds kontaklense moet dra.

Dít volg na ’n oogarts van die Langkloof Groenewald se pleidooi om fondse - nagenoeg R100 000 - vir ’n kornea-oorplanting vroeër vanjaar in die Kouga Express gelees het.

Hy het dadelik die Groenewald-familie vir ’n gratis oog-ondersoek genader, waarna hy hulle na dr. Schalk du Toit, ’n oftalmiese chirurg verbonde aan die Life St. George’s-hospitaal, verwys het.

Du Toit, wat in Januarie 2017 die eerste kornea oorplanting by die hospitaal uitgevoer het, het sy hart vir Ruasha oopgemaak en aangebied om ’n kruisverbinding-operasie teen ’n fraksie van die oorspronklike koste te doen.

Hoewel, senuagtig, is Ruasha baie opgewonde om binnekort haar sig terug te hê.

“Na die operasie sal sy haar volle potensiaal kan bereik,” sê Sharifa Louw, ’n onderwyseres by die skool.

“Sy sal nie meer heel voor in die klas hoef te sit of op ander leerders moet staatmaak om haar werk van die bord neer te skryf nie.”

En waarna sien Ruasha, ’n leergierige leerder, die meeste uit? Om weer te kan lees.

Die Kouga Express het vroeër berig dat Ruasha se ouers aanvanklik nie besef het dat sy ’n ernsige probleem met haar sig het nie.

Haar pa, Riaan Groenewald, sê: “Ons het eers besef iets skort met haar oë toe ’n oogarts die plaaslike laerskool waar sy was, besoek het.”

Sy het ’n bril gekry, maar haar oë het met-tertyd verswak - so erg dat sy skaars behoorlik kon sien.

Haar ouers het haar na ’n oogspesialis op die dorp geneem - ’n tweede bril het gevolg. Dié het egter ook net vir ’n kort tydperk gehelp.

Dit was eers toe Ruasha na ’n oogespesialis geneem is, dat haar siekte gediagnoseer is: kromming van die kornea. Dit is ’n toestand waar die kornea uitbult en sig belemmer.

Die toestand vererger mettertyd.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.