Oudpolisieman vlug ná ongeluk vir konstabel

2017-09-07 06:00

’n Oudpolisieman van Humansdorp het nooit kon dink dat hy van die polisie sou vlug nadat sy vrou na bewering deur ’n polisiekonstabel geklap is toe hulle hom gekonfronteer het omdat hy na bewering in hulle vasgery en toe weggejaag het nie.

Roelof Kleyn sê toe hulle uiteindelik die man by die plaaslike honde-eenheid op Humansdorp gekonfronteer het, het hy gesien dat dit ’n polisiekonstabel was.

“Ek het my vrou gevra om foto’s van die skade aan die bakkie met haar selfoon te neem.

“Hy het my vrou, ’n hartlyer, op haar linkeroor geklap en die selfoon in stukke gegooi in die teenwoordigheid van twee mense wat by die honde-eenheid werk.”

Kleyn het ’n klag van aanranding, roekelose en nalatige bestuur en versuim om by ’n ongelukstoneel stil te hou teen die konstabel aanhangig gemaak.

Hy sê hy wil ’n klag van diefstal en opsetlike saakbeskadiging daar byvoeg.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n lid van Humansdorp vir roekelose en nalatige bestuur, kwaadwillige beskadiging van eiendom en aanranding ondersoek.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.