Paartjie vier hul 72ste herdenking

2017-07-27 06:01
Esmé du Preez (in November 91) en Bertus (vanjaar 93) het die afgelope Saterdag hul 72ste huweliksherdenking gevier.                                     Foto:VERSKAF

Esmé du Preez (in November 91) en Bertus (vanjaar 93) het die afgelope Saterdag hul 72ste huweliksherdenking gevier. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HULLE is by goud-, smarag- en geeldiamant-feeste verby, en nou mik hulle na die diamant-herdenking van hul huweliksdag 72 jaar gelede.

Manlike Bertus (vanjaar 93) en serene Esmé du Preez (in November 91) het die afgelope Saterdag dié mylpaal bereik.

Statisties klink dinge gewoon, maar daar skuil iets bo-sinlik in so ’n huwelik, al het AG. Visser gehekel: “Die man is vir die vrou gemaak en die vrou weer vir die man – soos die handskoen vir die hand, soos die tandpyn vir die tand.”

Hul het albei in Pearson gematrikuleer, hy in die Afrikaanse skool en sy in die Engelse. Sy was op die leerlingraad, en vyftien toe sy eindeksamen skryf. Hulle het in Port Elizabeth by die kerk ontmoet (“Beste plek om te ontmoet, Boetie!”) toe hý agtien en sý sestien was, en is op 27 Julie 1945 daar getroud (“Ek was amper 21 en sy amper 20,” laat oom Bertus die klem duidelik op amper val).

Sy het by ’n paar besighede gewerk en hy is Spoorweë toe – as morsekode-operateur. Die stelsel het in sy tyd ontwikkel tot telekommunikasie en verder. As knap werker het hy verhogings gekry en het hy in 1985 afgetree.

Hulle het een seun (’n siviele ingenieur), een dogter, vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders. Een agterkleinkind werk en woon in Engeland. Aangesien SA so ’n lekker plek is, was Engeland die enigste oorsese reis – ook bloot omdat die agterkleinkind daar getroud is. En wat dink hy van Engeland? “Koud!”

En hoe bly twee mense vir 72 jaar getroud? “Elke mens het sy eie temperament. Wees groot en gun mekaar ruimte om hulself te wees. Probeer mekaar se standpunte insien. Kruisig jouself en respekteer die inwonende Gees in die ander een,” sê oom Bertus; maar dan so tong-in-die-kies: “Ek dra mos oorfoontjies. As sy baie praat, skakel ek hulle af en sê so elke nou en dan “Yes, Dear.” Dan is sy tevrede!”

Hy toon sy skootrekenaar om te wys hy het nie by morsekode vasgesteek nie. Tannie Esmé is weer die foendi op TV-, opvangs-, skot-tel-gebied. Hy lol nie met sulke goed nie, al is hy tegnies en prakties aangelê.

Jy kyk so na die negentigjariges: regop, dankbaar, baie meer ingestel op die ewige as op die aardse, tydelike dinge – sommer van jongs af “toe die oom besef het wat die prys vir sy saligheid is en besluit het om sy Meester te volg; en toe ek na die doel van die lewe begin vra het. Toe het ek begin verstaan dis nie wat jy nou besit nie, maar wat jy hierna kan word,” vertel tannie Esmé.

Gesondheidsgewys? Nogal goed! En wat sou hul sê is die rede daarvoor? “Ons eet matig en het nooit gerook of gedrink nie. En dan is daar natuurlik Goedheid en Guns wat altyd agter ons aanloop, want ons kuier al van jongs af vir hulle by die kerk!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.