Patensie hou basaar die naweek

2019-10-03 06:01
Kouga-inwoners en besoekers kan die Saterdag egte boeregasvryheid by die veertiende jaarlikse NG Kerk Gamtoosvallei-Oos Plaasbasaar verwag.            Foto:VERSKAF

Kouga-inwoners en besoekers kan die Saterdag egte boeregasvryheid by die veertiende jaarlikse NG Kerk Gamtoosvallei-Oos Plaasbasaar verwag. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOUGA-inwoners en besoekers kan dié Saterdag egte boeregasvryheid by die veertiende jaarlikse NG Kerk Gamtoosvallei-Oos Plaasbasaar verwag.

Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, liplekker tuisgemaakte kolwynties, boeretroos en meer wag op basaargangers.

’n Plaasontbyt sal te koop wees. Dié ontbyt het oor die jare so gewild geraak, dat daar vanjaar vir 600 besoekers reggemaak word.

Laatkommers kan aan roosterkoek en sosaties, jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys smul.

Alles, van vleis, gebak tot groente en vrugte sal te koop wees. Pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, kaas asook ingelegde groente, vrugte en konfyt gaan opgeraap word.

Speletjies is vir die jongklomp gereël.

Die basaar, die idee Gertjie Rautenbach en wyle Eppie Ferreira, word op 5 Oktober vanaf 08:00 by die Endulini-pakhuis in Patensie gehou. Die terrein is onderdak en rolstoel-vriendelik.

Toegang is gratis en daar is veilige parkering.

Vir inligting, skakel Danie Malan by 072 262 9822, of ds. Barry Lordan by 082 376 6054.

Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, liplekker tuisgemaakte kolwynties, boeretroos en meer wag op basaargangers.

’n Plaasontbyt sal te koop wees. Dié ontbyt het oor die jare so gewild geraak, dat daar vanjaar vir 600 ontbytgangers reggemaak word.

Laatkommers kan aan roosterkoek en sosaties, jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys smul.

Alles, van vleis, gebak tot en groente en vrugte sal te koop wees. Pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, kaas asook ingelegde groente, vrugte en konfyte gaan opgeraap word.

Speletjies is vir die jongklomp gereël.

Die basaar, die idee Gertjie Rautenbach en wyle Eppie Ferreira, word op 5 Oktober vanaf 08:00 by die Endulini-pakhuis in Patensie gehou. Die terrein is onderdak en rolstoel-vriendelik.

Toegang is gratis en daar is veilige parkering.

Vir inligting, skakel Danie Malan by 072 262 9822, of ds. Barry Lordan by 082 376 6054.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.