‘Patriargie vroue se grootste vyand’

2016-08-11 06:00
: Die DA se burgemeesterskandidaat vir die Kouga-munisipaliteit, Elza van Lingen.  Foto: WERNER HILLS

: Die DA se burgemeesterskandidaat vir die Kouga-munisipaliteit, Elza van Lingen. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE patriargale bestel, waar net aanvaar word dat mans die botoon vier, is vroue se grootste vyand, sê Elza van Lingen, die Oos-Kaap se enigste vroulike burgemeester aan die weste van die provinsie.

Binne só ’n bestel sukkel ’n vrou om haar volle potensiaal te bereik, en dis jammer, want ’n bemagtigde vrou beteken ’n bemagtigde gesin.

“Vroue absorbeer alles in ’n gesin en hulle moet alles bymekaar hou. As elke vrou die geleentheid gegun word om tot haar volle potensiaal te ontwikkel, kan wondere verrig word,” verduidelik Van Lingen.

Sy sê vroue moet nooit hul strewe na ’n beter lewe laat vaar nie.

“ ‘Nee’ en ‘ek kan nie’ is woorde wat nie sommer deur vroue gebruik moet word nie,” is Van Lingen, wat self in 2009 kaalkop die verkiesing aangepak het, se Vrouedag-boodskap.

“Ons het die veldtog om beheer van Kouga oor te neem in 2006 begin.

“Daar was mense wat gesê het ons sou dit nooit kon doen nie, maar ons het nie tou opgegooi nie.

“Verder is ek in 2009 kaalkop [weens chemoterapie] die verkiesing in omdat opgee net nie ’n opsie was nie.”

Van Lingen meen vroue moet hard werk om grense te verskuif tot voordeel van die mense om hulle.

Sy het hulde gebring aan die vroue wat in 1956 ’n optog na die Uniegeboue onderneem het om beswaar te maak teen wetgewing wat swart mense verplig het om ’n pasboek te dra.

You strike a woman; you strike a rock, is so ’n waar uitdrukking. As jy ’n vrou te na kom, gaan dit jou nie baie ver bring nie.

“Daardie vroue was ’n voorbeeld vir ons. Dit is ons plig om in hul voetspore te volg,” sê Van Lingen.

Sy is trots op die vroue wat saam met haar in die Kouga-munisipaliteit se raad gaan dien.

“Ek sien daarna uit om saam met hulle te werk.”

Maar vandag is Vrouedag. Gaan sy ’n bietjie rus?

“Ek dink ek gaan by my mense in Sea Vista kuier. Dit was my wyk in die verkiesing,” sê die vrou wat skaars ’n maand gelede ’n heupvervangingoperasie ondergaan het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.