Pellsrus-inwoners moeg vir riool

2019-04-04 06:01
Die Kouga-munisipaliteit het ’n tydelike pypaansluiting uit ’n mangat na die stormwaterdrein op die hoek van Duineweg en Seeleeustraat in Desember, verlede jaar aangebring. Freddie van Rooyen van die gemeenskapsorganisasie, Masikhathalelaneni, wys hier na die drein wat met die mangat (inlas) verbind is.         Foto’s:VERSKAF

Die Kouga-munisipaliteit het ’n tydelike pypaansluiting uit ’n mangat na die stormwaterdrein op die hoek van Duineweg en Seeleeustraat in Desember, verlede jaar aangebring. Freddie van Rooyen van die gemeenskapsorganisasie, Masikhathalelaneni, wys hier na die drein wat met die mangat (inlas) verbind is. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Stormwaterdrein in Pells-rus, Jeffreysbaai het ’n direkte pypleiding van rioolvuil na die Pellsrus-strand geword.

Dit ná die Kouga-munisipaliteit ’n tydelike pypaansluiting uit ’n naby-geleë mangat na die drein op die hoek van Duineweg en Seeleeu-straat aangebring het.

Die pyp, wat verlede jaar in Desember aangebring is, dien as oorloop vir die riool wat voorheen byna weekliks by die mangat uitgeborrel het - ’n jarelange probleem.

Nou loop die rioolvuil direk in die stormwaterdrein in, waarvandaan dit op die strand uitspoel.

Saam met ontstoke inwoner Peter Dicken, probeer Freddie van Rooyen van die gemeenskapsorganisasie, Masikhathalelaneni, al etlike maande om die munisipaliteit se aandag op die probleem te vestig.

“Ondanks ’n besoek aan die munisipaliteit en munisipale ampte-nare se verskeie besoeke, is die situasie onveranderd,” sê Van Rooyen wat in Desember van die probleem bewus geword het.

“Hier loop onverwerkte riool by die see in. Dit is pikswart slik wat op die strand en in die see gaan lê. En die stank is ondraaglik. As die oostewind waai, kan geen inwoner dit waag om ’n deur of venster oop te los nie.

“Die gesondheidsrisiko wat hiermee gepaard gaan, is iets vreesliks. Daar is hoeveel mense wat in die see hengel en die vis eet of verkoop.

“Met die hoeveelheid gemors wat in die see loop, kan dit nie eens ge-sond wees vir iemand om kaalvoet in die water te staan nie. Vergeet van swem en branderplankry.”

Volgens Van Rooyen word die duine en plantegroei erg beskadig.

“Behalwe vir die riool wat slote deur die duine spoel, het die muni-sipaliteit verlede jaar ’n duin weggestoot om ’n keerwal te gooi,” sê hy.

Kouga-munisipaliteit Infrastruktuur en Ingenieurswese Portefeulje Raadslid Freddy Campher, sê: “Die tydelike aansluiting was aangebring weens die gereelde blokkasies wat verlede jaar daar plaasgevind het. Dié blokkasies het daartoe gelei dat riool in inwoners se erwe oorloop.

“In baie gevalle was die blokka-sies deur vreemde voorwerpe veroorsaak. Ons vermoed dat sabotasie betrokke was.”

Campher vervolg: “Die stelsel word van Maandag tot Vrydag twee keer per dag nagegaan sodat moontlike blokkasies vroegtydig aange-spreek kan word, voordat die riool op die strand uitspoel.

“Die onlangse blokkasie het egter op Menseregtedag plaasgevind en is eers die Vrydag aan die rioolspan gerapporteer.

“Ons reël tans met die betrokke departement dat die gereelde nagaan van die rioolstelsel in Duine-weg opgeskerp word.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.