Perderit in ongerepte bioom en klowe

2018-11-29 06:00
Die ryroete - ideaal vir ervare ruiters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by die plaashuis en neem ruiters oor oop vlaktes en smal kronkelende paadjies. Ons ry deur ’n laaglopende rivier en verby lowerryke bosse tot by die waterval in die Witelsrivier Foto’s:MONIQUE BASSON

Die ryroete - ideaal vir ervare ruiters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by die plaashuis en neem ruiters oor oop vlaktes en smal kronkelende paadjies. Ons ry deur ’n laaglopende rivier en verby lowerryke bosse tot by die waterval in die Witelsrivier Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SAAL op en ry oor klowe, by fynbos verby, oor laaglopende riviere en deur die lowergroen spookhuis vallei - wees gerus, geen spook is nog hier gesien nie - en ervaar die unieke wisseling tussen perd en mens.

Hercules van Huyssteen, Langklower, SA boerperd-te-ler, bied vir die afgelope paar jaar onvergeetlike perderitte by sy familieplaas tussen Kareedouw en Joubertina aan.

Sy “boerdeperdkroos” staan op 50.

“Die buitekant van ’n perd doen goed vir die binnekant van ’n mens,” som hy sy passie vir perde op.

“’n Perd is vir genot en liefde, nie vir spog nie. Gee ’n perd net kans en die mees vermoeide siel kry weer hoop, kry weer lewe.”

Ryroete

Jy en jou perd ry deur die mees ongerepte natuurskoon waar min mense kom. Tensy hulle te voet is, natuurlik.

Asem in, en geniet.

Die ryroete - ideaal vir ervare ruiters, sowel vir diegene wat nog nooit op die rug van ’n perd gesit het nie - skop af by die plaashuis en neem ruiters oor oop vlaktes en smal kronkelpaaie.

Beurende perdekoppe en klop-klop deur die spookhuisvallei (ook bekend as die varingroete) - geleë in die Kromrivier tussen die Tstitsikamma- en Kougaberge. ’n Fynbos-bioom.

“Die vallei is na die bekende ‘spookhuis’ vernoem - ’n verlate plaasopstal - aan die voet van die Tsitsikammaberge,” vertel Hercules.

Berg op. Perde agter mekaar.

Jy kan rustig van perdhoogte af die natuurskoon bewonder en oë oophou vir fynbos, heuningbostee, koningsprotea, speldekoppe, watsonias, wabome, voëls en bokke. En jy kan selfs ’n foto of wat neem.

Ons ry deur ’n laaglopende rivier en verby lowerryke bosse tot by die waterval in die Wit-elsrivier.

Hardloop

Ons draai terug, oor die rivier wat doodloop in die Churchill-dam, weer deur die fynbosvlakte en verby bokke waarmee daar op die plaas geboer word - vir hulle melk, natuurlik.

“Wie wil met die perd hardloop?” vra Hercules amper te-rug by die plaashuis. Hulle moet eenkant gaan, anders hol die hele spul saam.

Nee dankie, nie vir my nie! Die stukkies amper-draf op die oop vlaktes was genoeg vir my.

Net Estoretha Strydom sien kans vir die hol, en daar gaan sy.

Dit lyk nogal lekker.

Hercules oorreed my om vinniger te ry. Die geheim van bo bly? Knyp stewig met jou twee bene vas, hou die leisels vas - en as jy moet, hou die saal met jou regterhand vas.

En daar gaan ons . . . net vir ’n paar meter vir dié onervare - en iewat bang - groentjie-ruiter.

Die groot stryd is om eers by die saalboomsteek verby te kom; daardie ritme wat jy tussen boud, bobeen, knie en perd op ’n draffie moet kry.

Galop is lekker. My glimlag is van oor-tot-oor.

En toe is ons weer terug by die kampe en stalle.

Tyd vir afsaal.

Hoe lank het ons gery?

Nagenoeg 90 minute. Dit het baie korter gevoel, só lekker was dit.

Hoe siels­verrykend is só ’n rustige perderit deur die natuur nie!

Hoor hier

  • Ruiters kan na die rit die plaaslike bokmelk-produkte van Vredesberg Goats Milk Products proe: gouda, roomkaas (soetrissie en knoffel en uie), Chèvre-stylkaas (swartpeper, knoffel en kruie, en roosmaryn en knoffel) en drink-jogurt (geskik vir diabete).

Die koste is R50 per persoon.

  • Onthou ’n langbroek, gemaklike skoene en sonbrandolie. Helms word verskaf.
  • Uitdagende perderitte word vir ervare ruiters aangebied.
  • Ritte word op 15 en 29 Desember by Paradysstrand aangebied teen R500 per persoon.
  • Skakel Hercules van Huyssteen by 082 925 9301.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.