Pieter het passie vir motorfietse

2018-11-01 06:00
Alles omtrent Pieter Delport van Jeffreysbaai se motorfiets spelperfeksie in enige taal. By sy huis in Jeffreysbaai is dié groen monster deel van die meublement. Dit staan daar op wit teëls, saam met al die trofees, bekers en ander pryse. BO: Pieter en Hanli op sy motorfiets.

Alles omtrent Pieter Delport van Jeffreysbaai se motorfiets spelperfeksie in enige taal. By sy huis in Jeffreysbaai is dié groen monster deel van die meublement. Dit staan daar op wit teëls, saam met al die trofees, bekers en ander pryse. BO: Pieter en Hanli op sy motorfiets.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is vriendelik Afrikaans, maar met ’n kos-mopolitiese passie vir motorfietse.

En daar is geen aansitterigheid by nie – Pieter Delport van Jeffreysbaai is lánkal deur die motorfietsgogga gebyt, en alles omtrent sy motorfiets spel perfeksie in enige taal.

Hy het die pad van meeste jongmanne van sy dag geloop – ná matriek in Pretoria in die laat tagtigs, het hy eers vliegtuig-ingenieurswese gestudeer voordat die weermag hom gegryp het. Twee jaar hardepad, vinnig man-word, 7 maande in Angola in die pantserafdeling. En ná dit was dinge bietjie fuzzy, sê hy – soos vir baie terugkerende soldate.

’n Mens moet egter aangaan ná die waansin van oorlog, en hy het as patroon/modelmaker by die Spoorweë gekwalifiseer. Na twee jaar het die wapad hom geroep en is hy na onder andere Mosambiek waar hy sy eie besigheid bedryf het. Hy is ’n veselglaskenner, en die DJ-gene loop sterk. Hy doen steeds musiekgeleenthede, maar sy dagtaak is sy P & G Hi Tech Shop by Spar-sentrum, terwyl sy vrou, Hanli, haar eie PostZone-winkel by Checkers in Da Gamaweg bestuur.

Maar sy eintlike fort is motorfietse. Sy fietse deur die jare klink soos musiek in die motorfietsryer se ore. Op 13 het hy koerante met ’n 120cc “apteekfiets” afgelewer; op 17 ’n Su-zuki HB 50 wat net vinnig genoeg was dat die honde nie sy hakskene kon verniel nie; op 19 ’n Kawasaki Z1000 Chopper, wat hy half onwillig as gesinsman vir ’n motor moes verruil.

Dertien jaar gelede het die koors hom egter opnuut getref – dié keer met groter geweld. Na hy ’n GPZ Kawasaki 250 cc opgebou het, was die gort gaar en het hy ’n FJ 1200 Yamaha, ’n Yamaha R1 Big Bang, en eindelik ’n Kawasaki ZX 1000 omgebou. In die reparasie-proses was daar ook ’n Kawasaki 1000 om mee af te koel.

Hy was in twee motorfietsongelukke – as gevolg van ’n taxi wat voor hom ingedraai het, en ’n ouer man wat die verkeer verkeerd ge-lees het. Origens is sy rekord skoon.

Sy prestasies lees soos ’n storieboek, hierdie Jeffreysbaaier wat die dorp se naam sterk uitdra.

Die saamtrekke waaraan hy deelneem, is uit die boonste rakke, met standaarde wat deur slegs die mees toegewyde motorfietser gehandhaaf kan word. Daar word met ’n fynkam deur elke fiets gegaan. ’n Vuil kolletjie is taboe. Verfwerk moet perfek wees, oorspronklikheid van ontwerp is ’n pluspunt. Enige moontlike foutjie word byna met ’n vergrootglas gesoek. Die algeheel mooiste en tegnies beste versorgde fiets is die wenner.

Dit is dié algehele winner, die mees uitstaande fiets in alle afdelings, wat Pieter jaar na jaar in sy visier het. Met die toewyding waarmee hy die custom-built droom najaag, is dit geen wonder nie dat hy gereeld as die wenner in die hoogste kategorie seëvier. Só lyk sy lys seges:

Hartenbos Whale Rally, wenner 4 jaar na mekaar; Mosselbaai Buffalo Rally, wenner 3 jaar na mekaar; Dolphin Rally, 2 jaar na mekaar; Die Loerie Ruskamp Wild Horse Rally, wenner; en Wes-Kaap Freedom Rally, wenner.

Pieter laai nie sy motorfiets op ’n sleepwa nie – hy ry self na elke byeenkoms. En sy vrou klim agterop. Hy is in elke opsig ’n perfeksionis wat die voorkoms van sy fiets betref, want slegs dít laat hom elke keer wen. By sy huis in Jeffreysbaai is die groen monster deel van die meublement. Dit staan daar op wit teëls, saam met al die trofees, bekers en ander pryse.

Die vertrek is ook braaiplek, gim en kuierhoek.

Ontbytritte en ritte saam met die CMA-Christengroep vorm outomaties deel van ’n groep mense wat die genot van vars lug en spoed en brullende enjins verkies bo enige ander vervoer.

As jy eenmaal ’n motorfietsenjin onder jou gevoel bewe het, dan is jy min of meer permanent verlief op hierdie rare verskynsel wat net anders as enige ander vervoermiddel is.

Noem hulle op: motors, trokke, vliegtuie, trapfietse . . . die motorfiets het nie sy gelyke nie.

En vir Pieter Delport is sy fiets sy tweede vrou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.