Pikkewyn-kuikens ly honger

2016-05-19 06:00
Een van die pikkewynkuikens wat deur die Suider-Afrikaanse stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sankub) in Kaap St. Francis versorg word.                    Foto: VERSKAF

Een van die pikkewynkuikens wat deur die Suider-Afrikaanse stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sankub) in Kaap St. Francis versorg word. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE groeiende getal ondervoede pikkewynkuikens wat van eilande in Algoabaai gered word, kan moontlik die nadraai van die afge-lope jaar se El Niño-weerverskynsel wees.

Sedert begin April is 69 verswakte pikke-wynkuikens van Bird- en St. Croix-eiland naby Port Elizabeth gered en na die Suider-Afrikaanse stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sankub) in St. Francisbaai gebring.

“Dit is die meeste pikkewynkuikens wat die afgelope twee jaar tydens ’n broeiseisoen ingebring is,” sê Juanita Raath, rehabilitasie-koördineerder.

Veldwagters het oor die bestek van anderhalf maand die 69 pikkewyne uitgeteer, gedeidreer en ondervoed op die eilande aange-tref.

“Ons glo die volwasse pikkewyne wat op die eilande neste het, sukkel tans om genoeg vis rondom die eilande te vind,” sê Raath.

Volgens haar meen navorsers die tekort aan visbronne het te doen met hengelaars wat in die omliggende gebied te veel vis vang, asook die klimaatsverandering wat die tempe-ratuur van die seewater beïnvloed.

Volgens dr. ­Lorien Pichegru, mariene bio-loog verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), kan die lae visbronne wel aan die weerpatroon toege-skryf word. “Die groot El Niño [weerverskynsel] wat ons gehad het, het die water te warm gemaak vir die klein pelagiese [diepsee-] visse om te oorleef,” sê Pichegru.

Dit blyk ook uit haar navorsing dat hengelaars die afgelope tyd gesukkel het om vis in die Baai te vang en dit gaan tyd neem vir die bronne om te herstel.

Intussen word die verswakte pikkewynkuikens by Sankub met die hand versorg. Volgens Raath word die klein pikkewyne ses keer per dag gevoer en verorber die lot daagliks sowat 50 kg vis.

Die meeste van die verswakte pikkewyne weeg minder as ’n kilogram en moet minstens 2,6 kg weeg voordat hulle vrygelaat word.

Raath vra die publiek se hulp vir donasies om die honger monde van die pikkewyne te help voer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.