Planteboef slaan toe in Jeffreysbaai

2017-01-26 06:02
Naas Ferreira vertroetel sy oorblywende plante na vyf van sy spogplante in die hande van booswigte geval het.                   Foto: MONIQUE BASSON

Naas Ferreira vertroetel sy oorblywende plante na vyf van sy spogplante in die hande van booswigte geval het. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SELFS inwoners se plante is nou in booswigte se visier.

Plante, klein en groot, verdwyn oornag uit inwoners se goedversorgde tuine regoor Jeffreysbaai, maar dit is veral tuine in Wavecrest wat onlangs sleg deurgeloop het.

’n Omgekrapte Naas Ferreira van Leadwoodstraat sê drie van sy clivias en twee orgidee-plante het spoorloos met potte en al verdwyn. Nie eers ’n geslote hek kon die diewe afskrik nie.

“Die booswigte moet redelik sterk wees om die swaar plante oor die muur te kon tel,” sê hy.

Volgens Ferreira is dié gratis inkopietog op sy buurman se kringtelevisie vasgelê en hulle hoop om die skelms binnekort te identifiseer.

“Ek propeer my tuin mooi maak, en dan kom steel die mense die plante. Dit is ’n misdaad soos enige ander vorm van diefstal, en die skuldiges moet aan die pen ry.”

Dit is egter nie ’n geïsoleerde voorval nie.

’n Inwoner van Dr. A.D. Keetweg, het twee weke gelede besef van sy roosbome is weg.

Na hy sy lot op sosiale media bekla het, het verskeie ander inwoners van regoor die dorp laat weet dat daar van hulle plante gesteel is.

Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gerda Swart, is geen kriminele klag tot dusver ge-open nie, en geen klagte is tot op hede aan die Jeffreysbaai-polisiekantoor gerapporteer nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.