Polisie verwelkom swaar straf vir verkragter

2017-11-23 06:00

DIE polisie in Jeffreysbaai het Dinsdag hul tevredenheid uitgespreek nadat ’n middeljarige man Vrydag ’n swaar vonnis opgelê is vir die verkragting van ’n negejarige meisie verlede jaar.

Brian van der Hoof (54) is in die streekhof in Humansdorp tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die vonnisoplegging spruit uit ’n voorval op 30 November 2016 toe hy die meisie in haar huis verkrag het.

Volgens sers. Majola Nkohli, ’n woordvoerder van die polisie, is daar in die hof gesê die slagoffer se ma het gesien hoe Van der Hoof haar dogter in die middernagtelike ure in haar slaapkamer verkrag het.

Van der Hoof was ten tyde van die voorval in ’n verhouding met ’n familielid van die slagoffer betrokke.

“Hy het die slagoffer se slaapkamer binnegegaan terwyl sy geslaap het en haar verkrag,” sê Nkohli.

Die bevelvoerder van die Humansdorp-po-lisiekantoor, brig. John Lebok, sê hy is tevrede met die lewenslange vonnis wat opgelê is.

“Die polisie word aangemoedig deur sulke swaar strawwe vir misdadigers wat misdrywe teen vroue en kinders pleeg.

“Dit stuur ’n sterk boodskap uit,” sê Lebok.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.