POPUP takel sosiale probleme

2017-06-08 06:01

’n Vars inisiatief om sosiale probleme aan te spreek, word amptelik op 22 Junie tydens ’n gala-aand in Jeffreysbaai geloods.

Willy Wright lei die gemeenskapsprojek wat mik om aktiewe lede, sakelui, kerke en ander instansies met inisiatief onder een sambreel saam te trek in die stryd teen werkloosheid en die negatiewe gevolge daarvan.

POPUP volg ’n holistiese benadering, en gekeurde kandidate deurloop ’n drie weke-kursus wat lewensoriëntering, werksvaardighede en afronding insluit. Waar nodig, word addisionele AET skryf- en leesvaardighede sowel as wiskunde geletterdheid, Afrikaans en Engels aangebied, waarna die kandidate die res van die kursus kan voltooi.

Hierna word studente aktief bygestaan om deel van die arbeidsmark te word en om hulle aanpassing en groei te monitor. Daar word tans gefokus op opleiding van kassiere, gastehuis-werkers en huiswerkers. In samewerking met Timion (Switserse uitreiking) en die Joshua-projek word ook vir sweiswerk en houtbewerking voorsiening gemaak.

Een groep van agt het reeds die kursus voltooi, en hulle funksio-neer reeds in hul onderskeie werkplekke. Die volgende kursus begin op 2 Augustus, vanjaar.

POPUP is ’n nie-winsgewende organisasie onder ’n reeds bestaande administrasie. Hulle is ook BEE-gegradeer. Hulle beoog om werksgeleenthede makliker bekombaar te maak. Sodoende wil hulle deur betroubare, opgeleide werkslui armoede, misdaad en werkloosheid bekamp.

Hul werkswyse is om die hele gemeenskap in die organisasie te laat inkoop, omdat werkloosheid en die gevolge daarvan ’n gemeenskap-probleem is. In Jeffreysbaai, soos in enkele ander gemeenskappe, is die bal reeds aan die rol gesit.

POPUP nooi beleggers om deel van die dorp se transformasie te word. Doen navrae by Willy Wright by 082 575 7433.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.