Pretorianers kom verfraai Jeffreysbaai

2018-01-18 06:01
Kobus en Sandra Faber het saam met hul kinders, Kobus en Larize, die onooglike en verwaarloosde kinder-speelpark in Redcurrantstraat gepak en dié deel van die dorp weer trots gemaak op hul omgewing.                                 Foto:JANNIE HOUGH

Kobus en Sandra Faber het saam met hul kinders, Kobus en Larize, die onooglike en verwaarloosde kinder-speelpark in Redcurrantstraat gepak en dié deel van die dorp weer trots gemaak op hul omgewing. Foto:JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KARAKTER en gesonde etos in aksie!

’n Gesin van vyf Centurion-inwoners het pas ’n deel van hul welverdiende Desember-vakansie deurgebring deur ’n verwaarloosde openbare park oorkant hul woning op te knap.

Kobus en Sandra Faber het saam met hul kinders, Larize, Kobus en Roelien, die onoog-like en verwaarloosde kinder-speelpark in Redcurrantstraat gepak en dié deel van die dorp weer trots gemaak op hul omgewing. Die speelpark is lank gelede deur ’n nabyge-leë meenthuiskompleks se beheerliggaam opgerig. Volgens ’n inwoner van die kompleks het hulle dit aanvanklik onderhou en dit toe aan die munisipaliteit oorgegee.

Die park het egter total vervalle geraak. Onkruid verdring die gras, swaaie se kettings het verroes geraak, klimtoestelle se hout was dor, en die beton wat houtpale moes stut, was gebars. Die toestand van die speelgeriewe was gevaarlik vir kinders. In een hoek is indringerplante deur intrekkers van oorsee aangeplant en mense in die omgewing het hul afval daar begin stort – glo om kompos te maak.

Die vyfstuks wat eintlik wou kom rus na ’n jaar se harde werk, het egter besluit om die plek geheel en al te vernuwe en te verfraai. Die swaaie se verroeste kettings is met nuwes vervang, nuwe balke is aangebring waar no-dig, talle blikke verf is aangekoop en alle speelgeriewe het ’n behoorlike laag verf gekry. Pale is met vars beton gestut, beter konstruksie is aangebring en vullis is opgetel.

Hoekom doen hulle dit – en nogal in ’n ander dorp? Sê Sandra: “Vir kinders se veilig-heid; om ’n aangename bymekaarkomplek vir gesinne te skep; om die onooglike kol te verander in iets vir die oog.” Hulle hoflikheid en etiek keer hulle om te praat oor sommige inwoners se reaksie, maar hulle noem dat inwoners hulle gekomplimenteer het met hul proaktiewe optrede en omgewingsvriende-likheid.

Hulle is die afgelope Vrydag terug na Pretoria waar die twee dogters onderskeidelik graadstudies voltooi en voortsit en die seun ’n matriekleerder is. Talle in Jeffreysbaai voel dit is knap gedaan en is trots om hul dorp met sulke voorslagmense te deel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.