Projek om Scott op die been te help

2018-10-11 06:01
Scott Botanile (35) is elke dag op sy pos - mete krukke en al. Hy het vier jaar gelede sy been verloor, maar werk blymoedig voort.                    Foto:MARINDA VISSER_HOUGH

Scott Botanile (35) is elke dag op sy pos - mete krukke en al. Hy het vier jaar gelede sy been verloor, maar werk blymoedig voort. Foto:MARINDA VISSER_HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n Besondere projek van meelewing is onlangs van stapel gestuur toe Mike Minnie en Lourens Delport Jeffreysbaai besoek het as deel van hul staptog deur die land om fondse in te samel vir prosteses vir mense wat ledemate verloor het.

Die manne is deur Jeffreysbaai met hul staptog van Pretoria deur Nelspruit, St Lucia, Richardsbaai, Durban oppad na Kaapstad.

Mike en die span het in daardie stadium reeds ses prosteses aan verdienstelike ontvangers oorhandig.

Op Jeffreysbaai het hulle van Scott Bota-nile gehoor, en hom genooi om saam te kuier toe hulle met die Kouga Express ontmoet het.

Scott werk by Caltex op die dorp. Hy het sy been verloor nadat hy met inflammasie gediagnoseer is, en medici voorgestel het dat amputasie die enigste uitweg is.

Daniël Benson, Kouga-raadslid, het die stappers kom bemoedig en ondersteun. Tydens die gemoedelike gesels, het Mike die raad uitgedaag om vir Scott te help.

Hy en Daniël het die saak bespreek en onderneem om sakemanne van die dorp aan te por om ‘n projek te begin om vir Scott te help om letterlik op die been te kom.

Mike se meelewing boesem vertroue in, en dit is duidelik dat hy mense in dieselfde posisie as hy terug op hul voete wil sien. Hy het sy been weens ‘n motorfietsongeluk verloor. Daar is geveg om die been te behou, maar na ‘n jaar is die stryd prysgegee.

Ek is hier om mense se lewens heeltemal te verander,” sê Mike. “Iemand, soos Scott, wat ’n ledemaat verloor het, moet aangemoedig en bemagtig word, want dit bring selfvertroue en sal sy lewensgehalte radikaal verbeter.”

Dit verg deursettingsvermoë en vasbyt om sonder ‘n ledemaat te leef, maar om op krukke oor die weg te kom - veral in ‘n werksituasie - neem stamina en uithouvermoë.

‘n Dorp van Drome, soos Jeffreysbaai, kan na hul eie mense omsien.

Scott verdien die kans en vryheid om mo-biel te wees.

Mike beroep hom op die gemeenskap en sakemense om hul meelewing te toon.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.