‘Puur natuur, echt wildernis!’

2018-02-15 06:01
Saans in dié klipsteenhuisies is dit so goed jy luister na Radio Bos, só loop die wild daar rond. Nog ’n lekkerte van die Baviaans Lodge is dat jy jou hond ook kan saamneem.                                                    Foto’s: MARISKA SPOORMAKER

Saans in dié klipsteenhuisies is dit so goed jy luister na Radio Bos, só loop die wild daar rond. Nog ’n lekkerte van die Baviaans Lodge is dat jy jou hond ook kan saamneem. Foto’s: MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE plek is só verafgeleë tussen hoë berge en ’n wildernisgebied dat Google Maps nie eens die regte aanwysings daarheen kan gee nie.

Dié dat Rob le Roux, eienaar van die Baviaans Lodge, aan die suidelike hange van die Oos-Kaapse Kouga-bergreeks en digby die Baviaanskloof-wildernisgebied, sélf die pad soontoe verduidelik.

“Please follow written direc­tions – Google Maps is incorrect,” begin Rob sy aanwysings in hoofletters. Ons volg dit pligs­getrou oor berge, dale en verby diep klowe, al hoe dieper en dieper die ongereptheid in.

Drie familielede uit Nederland – nig Caro-lien, haar manlief, Onno, en my tante Anda van Amsterdam – het saamgekom. Dit was wonderlik om hierdie wêreld se natuurskoon deur hul oë te kon beleef.

Echt wildernis!

“Wij waren in de Addo olifantenpark . . . geweldig was dat! “Maar op de hoogste uitkijkpunten zie je heel goed dat het park volledig is ingesloten door ‘beschaving’. Trein, plantages, bewoning . . . als een strop rond de nek van moeder natuur . . . daar werd ik wel triest van,” vertel Onno nadat hy, poegaai van die Afrika-son en steil klim na rotstekeninge in die bakkrans, teruggekom het.

Hy drink nog ’n sluk yswater en sê dan: “Maar hier, hier heb je puur natuur, echt wildernis!”

Inderdaad. Daar is nie selfoonsein of kragdraad nie. Net kerse en ’n paraffienlampie in die klipsteengastehuisies.

Op die werf rondom die lodge, waar jy aansit vir etes, verjaag Prince, die Rhodesiese rif-rug, die bobbejane. Die littekens oor sy groot, gespierde lyf wys dit is nie ’n maklike storie nie.

Tog, in die bome swaai ’n blou-apie lustig rond. Prince los die diertjie, want hy dink dis ’n vlieënde kat, verduidelik Rob.

Kitty Galore, inderdaad gryserig van kleur, sit ’n katspoeg van Rob. “Dié kat is die baas van die hele plaas. Prince ingesluit. As hy sy kos kry en Kitty Galore besluit sy wil dit eet, dan staan Prince gedweë terug en wag tot sy klaar is voor hy weer verder eet.”

Schwieerrr! swaai die apie weer in die takke hoog bo ons koppe. Prince roer nie eens nie.

Rob glimlag. “Sien jy nou? Prince dink regtig dit is ’n vlieënde kat!”

Krugerponde

Die gesprek verander na die bakkranse, grotte, Krugerponde en rotstekeninge.

In 1970 is al berig oor die Matie-student wat in sy soektog na rotstekeninge in die bakkranse en grotte, op die Krugerponde afgekom het.

Die vergeelde koerantberigte hieroor hang teen die lodge se kantoormuur – ook oor die “grot-twis” tussen Rob en die eienaar van die buurplaas.

Dié twis het met grensdrade verband gehou en is sedertdien opgelos, maar tot vandag toe kan niemand sê wat van die Krugerponde geword het nie . . . ook nie van die wapens wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer nie . . .

Maar dit bly steeds interessant om die bakkrans waar die eerste Krugerponde (glo) gevind is, te besoek en die rotstekeninge – die een is selfs dié van ’n walvis – te bekyk. Rob neem gaste op versoek tot digby die bakkrans, maar die laaste berggedeelte voor die krans móét jy klim.

Staproetes

Die meer fikses kan die voetpad tot bo volg. Trouens, daar is verskeie staproetes wat gevolg kan word – sommige deur fynbosveld aan die voetheuwels, ander is steil klimroetes en dan is daar nog ’n paar rivierlangs en ’n lekker korter een oor die damwal na die swempoel.

Daar is ook ’n fees van bergfietsroetes – veral een was ’n groot “tegniese uitdaging”, het die gesoute ryers gesê.

Daar is selfs ook ’n uitdagende 4x4-roete wat jou tot in die Baviaanskloof neem.

Maar ’n mens hoef ook glad nie só hiperaktief in hierdie ongerepte natuur tekere te gaan nie. Jy kan ook in die koel sitkamer van die lodge gaan sit en lees, ’n middag-uiltjie in die natuurstilte knip of net saamkuier in die koelte van die lodge se breë stoep.

Selfs die voëlkyker sal hier al sittende sy lysie kan afmerk, want die inheemse bome om die lodge lok ’n groot verskeidenheid voëls.

Nagtelike aksie

Indien jy gaan, neem tog net ’n sterk flitslig saam, want dit is só frustrerend om saans nie te kan sien watter diere die bosgeluide naby die klipsteenhuisie maak nie. Nog ’n groot lekkerte is om die hemelruim deur Rob se kragtige teleskoop te beskou.

Die maan het só helder geskyn, ons moes met sonbrille deur die lens kyk en waarlik, daar kon ons tot die kraters in die maan sien.

Die volgende oggend is dit vertrektyd, maar ons wil nie die wildernis agterlaat nie.

Dan maar die “uitstel-kuierroete” tot in Port Elizabeth volg, besluit ons.

Die kuierroete terug

Ons ry grondpad tot in die Langkloofdorpie Kareedouw, volg die hoofpad deur die dorp, draai links af by die T-aansluiting waar die houtmeubelwinkel en -fabriek Rensilfier (nou ontruim) op die hoek staan, en volg dié teerpad verby boerderye en oor die N2-snelweg see se kant toe.

Anderkant die N2 loer ons in by die Oude-bosch-plaaspadstal. In die winkel is eet- en handwerkkuns uit die kontrei – veral uit die omliggende Tsitsikamma­- gebied.

Hierna volg ons die grondpad see se kant toe na Eersterivier – ’n vakansiekusdorpie waarvan min mense weet.

As ons tyd gehad het, sou ons ook nog op ’n Proteaplaas-besoek gegaan het, maar ons wil nog wyd ry, so ons stoot aan op die ou kuspad (die R102) na Humansdorp, waar jy dalk ’n koei of wat op die pad kan vind, want aan weerskante is boerderye – meestal suiwel.

Ons het net ’n donkiekarretjie teëgekom.

Op Humansdorp aangekom, draai ons links by die vierrigtingstopstraat by die Engen-vulstasie om wéér die N2 te kruis.

Dié keer 30 km die binneland in op die R330 na Hankey, wat in 1822 deur die London Missionary ­Society (LMS) as sendingdorpie naby die Gamtoosrivier gestig is.

Hier, in die Gamtoosvallei, kan jy ook nog gaan kyk hoe lyk die bek van die 270 m lange tonnel wat in die middel 1800’s met die hand deur ’n berg gegrawe is om water van die Gamtoosrivier na die gebied aan die ander kant van die berg te neem.

William Philip, LMS-sendeling, het dié plan bedink, vandaar dat die tonnel die Philips­tonnel heet.

Ongelukkig het Philip in 1845 – die jaar toe die tonnel oopgestel is – verdrink toe die Gamtoosrivier in ’n kitsvloed afgekom het.

Ons ry Hankey uit op die R331, wat verby Sarah Baartman se graf loop. Konstruksiewerk wat lyk asof dit doodstil staan, verhoed ons om tot by haar graf én die Suidelike Halfrond se grootste sonwyser te kom en ons ry maar aan, rigting Loerie.

Dis al laat in die middag, maar gelukkig is die Koekepan-padstal nog oop. Nog nooit was ’n roomys só lekker nie.

  • Ná ’n bietjie kuier en baie rondlees, want daare.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.