RAAD WIL

2018-06-28 06:03

DIE Kouga-raad het die munisipaliteit se bedryfs- en kapitaalbegroting vir die nuwe boekjaar op 31 Mei goedgekeur.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks sê die raad wou ‘n pro-arm begroting saamstel en dat goeie vordering in hierdie opsig gemaak is.

Die munisipaliteit se nuwe boekjaar begin op 1 Julie.

TARIEFVERHOGINGS

Eiendomsbelasting styg met 7,5% in die nuwe boekjaar.

Die watertarief vermeerder met 11%, sanitasie met 9%, vullisverwydering met 8%, elektrisiteit gemiddeld 7,57% en die Omgewingsbestuurfooi (OBF) met 6%.

BEDRYFSBEGROTING

  • Die totale bedryfsuitgawes vir 2018/19 is R796,785 miljoen. Dit is ‘n styging van 5,48% in vergelyking met die 2017/18 wysigingsbegroting.
  • Die totale bedryfsinkomste is R753,717 miljoen. Dit is ‘n styging van 9,39% of R64,69 miljoen in vergelyking met die wysigingsbegroting.
  • Die begroting word hoofsaaklik befonds uit dienste soos elektrisiteit, water, sanitasie, vullisverwydering en die OBF (53,04%), eiendomsbelasting (23,45%) en toelaes en subsidies van die provinsiale en nasionale regering (16,4%).
  • Die begroting maak voorsiening vir personeelkoste van R272,8 miljoen. Dit is 34,24% van van die totale bedryfsbegroting en binne die norm wat deur die Nasionale Tesourie gestel word.
  • Die herstel- en onderhoudsbegroting beloop R37 miljoen. Dit is 4,65% van die bedryfsbegroting. Alhoewel dit onder die raad se teiken van 8% is, sal die geld spandeer word waar dit die nodigste is. Ten minste 71% sal vir infrastruktuur gebruik word.

BURGEMEESTER BESPAAR

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks het belowe om streng hok te slaan teen onnodige uitgawes ten einde meer geld vir dienslewering beskikbaar te stel.

Volgens die burgemeester, sal h yen die Speaker nie nuwe voertuie of drywers kry nie.

“Die burgemeester sal sy eie motor bestuur en die Speaker sy eie motor. Daar sal ook nie betaal word vir lyfwagte nie,” het hy in sy begrotingsrede gesê.

Die getal lede op die burgemeesterskomitee is ook verminder vanaf ses na vyf ten einde koste te bespaar.

RAAD WIL INKOMSTE GROEI

Die Kouga-munisipaliteit beoog om allerlei weë te ondersoek om meer geld vir die opknap van infrastruktuur en uitbreiding van dienste in te win.

Volgens Kouga-burgemeester, Horatio Hendricks, beplan die raad om munisipale grond te verkoop wat nie benodig word vir dienslewering nie.

‘n Komitee is ook tot stand gebring wat weekliks ontmoet ten einde te identifiseer hoe die munisipaliteit se inkomste verhoog kan word sonder dat belastingbetalers verder belas word.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.