Ria Pieters - van slagoffer tot beskermengel

2016-08-18 06:00
Ria Pieters.               Foto: VERSKAF

Ria Pieters. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE jaar 2000 in Johannesburg, naby East Gate in die Oosrand.

Die een oomblik was hulle drie sorgvrye jong vroue - twee van hulle besig om ’n vriendin na ’n nuwe woonstel te help trek. Toe hulle stop, spring drie vreemdelinge uit ’n motor en begin wild op die weerlose vriendinne skiet. Ria se suster word genadeloos langs haar afgemaai, een van die boewe skreeu en probeer Ria se deur oopruk, en toe vlug hulle in hul eie motor net so onverwags soos hulle verskyn het.

Dit is waar Ria Pieters se groot seer begin het. Voorheen was sy ’n opgewekte deursneë Afrikanermeisie wat ná haar skoolloopbaan in Oos-Londen eers in die bankwese en toe vir 29 jaar by Spoornet betrokke was.

Maar die jare na 2000 was nie so gladweg soos dit op papier staan nie. Daar was pyn en vrae en skuldgevoel: waarom moes Corne sterf, en nie liewer sý nie? Haar vraag na ’n sinvolle bestaan het haar byna na Swaziland laat trek waar sy kwaad met goeddoen wou probeer genees. Maar dis in ons eie land waar haar siel onnodig verwond is, en dis hier waar sy haarself aan haar aanvallers se mense wou offer.

Sy trek na Jeffreysbaai en begin deur die stofpaaie van Tokyo Sexwale ry. Haar hart word een met die township-vroue en sy begin hul in ’n plakkershut in naald- en kralewerk oplei. ’n Kerk bied die Ithemba-gebou aan en Ria neem binne twee weke die addisionele verantwoordelikheid op haar om ma te staan vir die versorging van jong kinders. Binne ’n maand is daar 55 kinders en die getal staan tans op 170.

Na navorsing spits sy haar daarop toe om kinders te leer kruip om diepteskatting te ontwikkel, en om op wiskundige geletterdheid te fokus. Die Onderwysdepartement se Gr R-kurrikulum word geïmplementeer en later word dit ’n skool vir vroeë kinderontwikkeling wat geregistreer is by die Departement van Welsyn.

Daar is vandag drie onderwysers en ses assistente. Soggens kry die kinders ontbyt, om tienuur iets lig om te geniet en smiddae ’n gekookte ete. Daagliks word daar ongeveer 250 kinders gevoed, want in weerwil van die regering se geldelike bydraes aan ouers, word die nood na voeding en sosiale groei steeds groter. Op die perseel is ook ’n sentrum vir wees- en mishandelde kinders. Die hele projek word hoofsaaklik deur skenkings gefinansier.

Sonder veel aandag aan haar eie welsyn, het Ria in die loop van die jare onverpoos haarself in haar roeping gewerp, geld is gegenereer en agt klaskamers is aangebou. Haar visioen is vir groter grond waar ’n sentrum vir tieners opgerig kan word, sodat hullle van die kleintjies geskei kan wees.

In Tokyo Sexwale-woonbuurt is Ria se rou seer deur toewyding genees. Hier het sy besef die vrou in ons samelewing stry teen ’n oormag van onbetrokke vaders, vernedering, siekte, dood. Hier probeer sy vir die opkomende geslag ’n visioen skep. As sy vroeër vir ’n kleintjie sou vra: “Wat wil jy eendag word?,” sou sy sê “’n kombuiswerker,” of “ek wil ’n pizzavrou en ’n roomysvrou wees.” Dis antwoorde wat seermaak. Sy probeer om vir sulke droomlose kinders ’n sinvolle horison skep.

Genade het oor Ria se wonde gegroei, omdat sy die houe wat die lewe na haar gemik het, geabsorbeer en met liefde terugbetaal het. En daarmee wil sy voortgaan totdat iemand opdaag wat seerkry ken en soos ’n Florence Nightingale van ouds ’n hart het wat verstaan wat dit beteken om lief te hê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.