Rieghard: ’n man van formaat

2019-08-01 06:00
Rieghard Janse van Rensburg (46) van Jeffreysbaai het ’n passie vir die see, fotografie en hardloop. En vir sy familie: sy pragvrou Eidie, 15-jarige seun Richard en 13-jarige dogter Abbygail.                   Foto:VERSKAF

Rieghard Janse van Rensburg (46) van Jeffreysbaai het ’n passie vir die see, fotografie en hardloop. En vir sy familie: sy pragvrou Eidie, 15-jarige seun Richard en 13-jarige dogter Abbygail. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die vroeë 19de eeu het Jan FE Cilliers gedig: Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan; Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan; ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk; en ’n wil wat so vas soos ‘n klipstaan staan . . .

Hy kon net sowel oor Rieghard Janse van Rensburg van Jeffreysbaai geskryf het. Maar hy is ook ’n man met soveel drif vir verskeie sake wat elkeen sy veelkantigheid weerspieël.

Ongeag die omvang van sy werksverpligtinge en belange, kuier hy gemaklik. Hy lag, gesels onderhou-dend oor sy passie vir die see, fotografie, hardloop, kennis en mens-wees.

Rieghard praat met trots van sy 15-jarige seun en 13-jarige dogter - en oor Eidie (AD), sy pragvrou sedert hulle in 2000 by Walskipper ge-troud is, en sakevennoot.

Hy is 46, oorspronklik van Despatch, maar het in Gauteng beland. Sy pa was in tersiêre opvoeding betrokke, dus het hy en sy sibbe almal gegradueer, “hoewel nie een nou naastenby doen waarvoor ons studeer het nie,” lag Rieghard wat ’n BComm Rekeningkunde van die Universiteit van Pretoria agter sy naam het.

In Pretoria het Rieghard homself in die korporatiewe wêreld laat geld. Vakansies was altyd by Boknes of Jeffreysbaai, maar elke keer as hulle moes teruggaan, het dit bietjie moeiliker geword. Uiteindelik het sy gesin hulle in 2008 permanent in Jeffreysbaai kom vestig.

Fotografie

Ons het altyd foto’s geneem, vertel hy. “Ek het vir my pa gesê dat ’n videokamera wat hy oorsee koop, net syne is tot hy in die land terug is – dan is dit myne.”

Dit was eers ‘n “hobby”, maar in 1993 het hy van sy vriende se troues begin afneem. En toe hy vir Eidie ontmoet, het sy ook belanggestel. Dit het na aandklasse by die destydse College of Photography in Pretoria gelei. Hulle is werklik ‘hands on’, meen hy.

Die paar het begin troues afneem, en Eidie het babas gekiek. Vir vier jaar was dit ’n gunsteling stokperd-jie, maar in 2008 het Rieghard besluit hy het genoeg van die korpo-ratiewe wêreld gehad. “Ek het 24 uur kennis gegee, en ’n week later was ons in Jeffreysbaai om van ‘scratch’ af te begin.”

Rieg & AD (RRAD) se werk is innoverend en hul kunstige en kun- dige oë bied ’n eiesoortige blik deur die kameralens. Om ‘n fotograaf op Jeffreysbaai te wees, is radikaal mededingend, maar tien jaar se harde werk het sukses gebring.

“’n Graad van 20 jaar terug beteken met vandag se tegnologie min. Dit gaan ook nie net oor jou vaardighede nie, maar oor hóé jy met mense werk,” sê hy. “Jy moet intens met mense “connect” om hulle in beeld vas te vang, hul emosies en die geleentheid outentiek weer te gee.”

Hardloop

Rieghard se doel om fikser te wees, het in 2012 na die Trans Baviaans gelei, maar sy hardlopery het uiteindelik ’n fondsinsameling vir seeredding geword. Hy kon R50 000 binne 18 maande so insamel.

Daar was twee Comrades en verskeie ander, soos sy breinkind, Endurade JBayX Trail Run, wat vir die vyfde jaar deel van die Winterfest in Julie is (met die Corona Open JBay World Surf League). Op sosiale media besing ’n vrou die wedloop van 3x20km in 24 uur so: “Uitstekend beplan, beman en georganiseerd”.

Die groot een was The Munga Trail. “Dit is soos om byna ’n Comrades Marathon elke dag vir vyf dae te hardloop,” verduidelik Rieghard. “Dit verg bomenslike uithouvermoë, deursetting en voortdurende kopskuiwe. As ‘n deelnemer uitval, is hy op homself aangewese – sonder ondersteuning.

“Ek was perfek voorbereid op die uitdaging, maar nie op die nadraai nie. Ek het vir 18 maande daarna nie gehardloop nie, want wát is ‘n groter uitdaging as so ’n enorme wedren? Eers op my verjaardag vroeg vanjaar het ek die “luiheid” laat staan, en weer weggetrek.”

NSRI

Rieghard se grootste rol is in die beveiliging van die Kouga as voorsitter van die Nasionale Seereddingsinstituut Stasie 37 (Jeffreysbaai). Dit is so ’n merkwaardige storie want dit is deur sy toedoen dat Jeffreysbaai enigsins ‘n stasie het.

Twee maande gelede het Rieghard die Best RIP Station of the Year award by die 2019 NSRI AGM ontvang. Hy beskou dit as een van sy uitstaanoomblikke. Hy het die span geëer wat hulle tyd opoffer om die plaaslike gemeenskap vrywillig te dien. “Dit waarvan die publiek oor ons doen en late weet, is net die puntjie van die ysberg. Dit is ’n fe-nomenale onderneming met 80 vrywilligers.”

Net na die toekenning is Rieghard na die IMRF’s (International Maritime Rescue Federation) 4th annual World Maritime Rescue Conference in Vancouver, Kanada.

Die merkwaardige man is pure yster, maar agter die kamera tower hy skoonheid op.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.