Rommelhoop word buurt se spogtuin

2020-05-21 06:00
Moeg vir die onwettige rommelhoop skuins oorkant hul huis, het Paradysstrand-inwoners Johan (69) en Francis (64) Herselman dié groeiende seeroog binne maande in ’n spogtuin omskep.              Foto’s:MONIQUE BASSON

Moeg vir die onwettige rommelhoop skuins oorkant hul huis, het Paradysstrand-inwoners Johan (69) en Francis (64) Herselman dié groeiende seeroog binne maande in ’n spogtuin omskep. Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GROEN . . . pers . . . blou . . . wit . . en spatsels rooi – ’n mengelmoes van harde werk en na-tuurprag.

Moeg vir die onwettige rommelhoop skuins oorkant hul huis, het twee Paradysstrand-inwoners dié groeiende seeroog binne maande in ’n paradys vir voëls en ander klein diere omskep - al eet dié besoekers soms die plante.

Maar daarvoor is daar ook raad: ’n skadu-net of twee óm die heerlike peuselhappies.

Die verwaarloosde, oop stuk grond, op die hoek waar die teerpad die grondpad in Immergroenlaan ontmoet, het jarelange tuinliefhebbers Francis (64) en Johan Herselman (69) dwars in die krop gesteek.

Dit was verrinneweer en die leeglêplek van dwelmslawe en misdadige elemente wat die woonbuurt bedreig het – ’n seeroog vol rommel en ’n verleentheid vir inwoners.

Van bourommel tot vrot vleis is hier ge-stort. En die brommers en reuk was ondraag-lik.

Onderhandelinge

Die Herselman-egpaar was vasberade om ’n einde aan dié gemors te maak. Veral omdat hulle eie tuin hul vreugde en trots is.

Daar is ook die tuintjie regoor die pad – ’n oop stuk grond wat nagenoeg drie jaar terug onder hulle “groen” hande deurgeloop het.

Selfs die leë erf reg langs hul huis, word ge-reeld skoongemaak.

En die bure spog met vier advokado-bome, geplant deur Francis. Sy het dié bome van pitte gekweek.

Johan sê: “Onderhandelinge met die Kouga-munisipaliteit het in 2018 begin en ’n paar weke later is ooreengekom dat ons die grond vir die aanlê van ’n tuin kan gebruik.”

Daar is dadelik aan die werk gespring en nou, twee jaar later, is die tuin in volle gang en ’n ware oase ten spyte van beperkinge soos ’n tekort aan water weens die uitmergelende droogte.

Volgens Johan het dit hulle drie weke ge-neem om die hope rommel te verwyder, asook die talle Port Jacksons. Dié indringerplant het tot dig teenaan die pad gestaan.

Spogtuin

Francis lag trots: “Ek het nie ’n spesiale plan vir die tuin se uitleg gehad nie. Dit is ’n informele tuin met ’n paar reguit lyne, heinings en randakkers vir struktuur.”

Die beddings bestaan uit ’n mengelmoes van plante – eers was dit net aalwyne. Toe volg 80 waterslim spekbome, laventel, madeliefies, hibiskus, wynruit, engelvlerkies en die Betlehem Ster-blom.

Daar is ook turksvyplante en advokado-bome.

En sy het klein dammetjies gebou vir die paar skilpaaie wat sy al opgemerk het.

Haar gunsteling blom? Die baldadige rooi hibiskus.

Francis, wat ’n fyn aanvoeling vir tuinmaak het, sê: “Ek vat meestal saadjies en steggies uit my eie tuin. Dit is vir my vreeslik lekker om te sien hoe my sade en steggies groei.

“Ek werskaf vir ure in die tuin – dit maak my gelukkig en entoesiasties.”

Terwyl Francis die beddings skoonhou, sny Johan die gras.

Waterwys

Nie ’n druppel munisipale-water word gebruik om die tuin nat te maak nie. Slegs reënwater word vir die doel gebruik.

Twee 5 000l en drie 1 000l-watertenks word vir die opvang van reënwater gebruik. Daar is verder 15 dromme by al die geute wat nie na die ander watertenks loop nie – so word veseker dat nie ’n druppel water vermors word nie.

Die water word in 5l-bottels oorgegooi. Die bottels wat oral in die tuin staan, word vir die natmaak van die tuin gebruik.

“Dit is ’n wonderlike plek om te ontspan – my tuin voed my siel,” sê Francis. “Dit is ’n kreatiewe uitlaatklep, ’n plek van vrede.

“’My tuin is nie perfek nie, maar dit verskaf my soveel vreugde.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.