Rooigety kan lol met hengel in park

2015-12-17 06:00

ROOIGETY kan moontlik die begin van die toetsfase vir hengel in die beskermde marine gebied in die Tsitsikamma Nasionale Park in die wiele ry.

Vier gebiede binne die marine ­bewaringsgebied van die park word vandag vir gere­gis­treerde bestaansvissers van die Tsitsikamma en die Koukamma-munisipaliteite oopgestel.

Rooigety is onlangs in Port Elizabeth opgemerk en toetse moet bepaal of dit ook in die Tsitsikamma-omgewing voorkom.

Volgens Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van Sanparke, gaan die toetsfase volstoom voort en het die registrasie van hengelaars Vrydag begin. Indien rooigety wel in die toegewese gebiede by Tsitsikamma voorkom, sal borde aangebring word om hengelaars te waarsku.

Oor besorgde inwoners en omgewingsbewustes wat wil probeer keer dat mense in die marine bewaringsgebied hengel, sê Mgwadlamba dat vier organisasies het Sanparke reeds met ’n regsmening oor die toetsfase genader.

“Die organisasies het almal antwoorde in dié verband ontvang.” Volgens haar word die gebiede slegs as ’n proefneming oopgestel, en streng reëls geld, waaronder:

  • Geen hengel word toegelaat sonder ’n permit of buite die toegewese gebiede nie.
  • Hengelaars moet by kwotas hou, en alle vangste sal deur omgewingsmonitors aangeteken word.
  • Minderjariges (tussen 12 en 16 jaar) wat wil hengel, moet ’n geldige permit hê en deur ’n volwassene vergesel word.
  • Hengelaars moet spesifieke roetes en voetpaaie gebruik.

Die toetsfase sal duur totdat Edna Molewa, minister van Omgewingsake, haar finale besluit oor die marine bewaringsgebied in Maart 2016 bekend maak. Besware en kommentaar oor die voorgestelde plan kan nog tot 1 Februarie aan ­mparegs@environment.gov.za gestuur word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.