Ruiters laat hoewe klap

2019-07-18 06:01
Kirsty Masterson van St. Francisbaai het vanaf 2 to 4 Julie aan die Fauresmith 200-perdeuithourit deelgeneem.     Foto:VERSKAF

Kirsty Masterson van St. Francisbaai het vanaf 2 to 4 Julie aan die Fauresmith 200-perdeuithourit deelgeneem. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ELF Oos-Kaap ruiters het vanaf 2 tot 4 Julie aan die Fauresmith 200-perdeuithourit in the Vrystaat, die hoogtepunt op die uithouritvereniging van Suid-Afrika (Erasa) se kalender, deelgeneem.

Dié taai roete strek oor drie dae en sowat 206km oor heuwels, tussendeur klowe en oor koppies en klippe in uiters koue temperature.

Die eerste dag van die rit strek or 75km, terwyl die tweede en derde dag onderskeidelik oor 75km en 56km strek.

Elke 25km word daar eers vir ’n veeartsinspeksie op sentrale punte buite die dorp verwyl, waar beslis word of hulle verder mag ry. Hier koel perde af, drink en vreet.

Die perde word ook voor en na die rit deur ’n veearts ondersoek.

Die Oos-Kaapspan is geborg deur Woodlands Dairy, Igen, Waikato SA, Rockwood Rotary, Equifeeds en Serap Industries.

Oos-Kaapspan

  • NJ Henning van Cradock met Pacino
  • Eloise Klopper van Adelaide met Zarkah (eienaar Meyer Le Roux)
  • Marelize Klopper van Adelaide met Nira Thunder (eienaar Meyer Le Roux)
  • Leanne Wels van Graaff-Reinet met Welbech Silver Fire
  • Riana Griebenouw van Jeffreys Bay met Welbech Hurst Lienke (eienaar Leanne Wels)
  • Joanne Webber van Grahamstad met Koringkloof Enzahi (eienaar Meyer Le Roux)
  • Shanna Oosthuizen van Port Elizabeth met Shan Vonk
  • Mari Lord van Somerset-Oos met Beaconsfield Chief
  • Chantel Lotter van Willowmore met Lormar Shakir
  • Antoinette Birch van Graaff Reinet met Kasan Vietnam
  • Kirsty Masterson van St Francisbaai met Delmar Nadra (eienaar Daan Landman)

Kirsty is gekies om in die nasionale liggewig ERASA-span te ry en het ook haar ERASA-klere ontvang.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.